Vandag se sportnuus

Krieket 

In die mededinging om die IKR se Kampioenetrofee word die eerste halfeindwedstryd vandag gespeel.

Engeland pak Pakistan op Sophia Gardens in Cardiff. Die aksie begin om 11:30 Suid-Afrikaanse tyd.

Die tweede halfeindwedstryd word môre op Edgbaston in Birmingham beslis. Dit is wanneer Indië en Bangladesj sake sal uitspook vir ʼn plek in die eindstryd.

T20-Krieket

Suid-Afrika se groep wat teen Engeland in die T20-reeks gaan speel, is bekend gemaak. AB de Villiers is die kaptein terwyl Dwaine Pretorius die enigste nuweling in die groep is. Die eerste wedstryd word aanstaande Woensdag gespeel.

Tennis

Die aksie verskuif dié week van klei na gras met die Mercedes-bekertoernooi wat in Stuttgart gespeel word. Roger Federer is eerste gekeur en maak sy terugkeer vandag na ʼn ruskans van twee maande.

Intussen het Rafael Nadal hom onttrek aan die Aegon-kampioenskap by die  Queen’s Club aanstaande week. Dokters het aanbeveel dat hy rus.

Internasionale rugby

Die Britse en Ierse Leeus het gister in die vierde wedstryd van hul toer deur Nieu-Seeland teen die Highlanders gespeel. Marty Banks het in die 74ste minuut met ʼn strafdoel geslaag wat aan die Highlanders ʼn oorwinning van 23-22 oor die Leeus besorg het.

Die res van die Britse en Ierse Leeus-toer se bepalings lyk só:

Saterdag speel die Springbokke in Durban teen die Franse in die tweede toets van die huidige reeks. Die Franse sal verskeie sterre bykry nadat Toulon en Clermont die naweek in die eindstryd gespeel het. Die Bokspan word môre bekend gemaak.

Intussen sal Handré Pollard hom by die SA ‘A-’span aansluit in die plek van Francois Venter. Venter is opgeroep na die Bokspan in die plek van Damian de Allende wat steeds op die krukkelys is.

In die Wêreld Junior-rugbykampioenskap vir o.20’s is daar gister ses wedstryde gespeel. Die Baba Bokkies het baie foute gemaak en hul besluitneming op die veld was nie goed nie.

Gholf

Dié week word die Amerikaanse Ope-toernooi op Erin Hills, in Wisconsin gespeel. Agt Suid-Afrikaners sal môre afslaan. Dit sluit spelers in soos Branden Grace, Ernie Els, George Coetzee, Charl Schwartzel en Louis Oosthuizen. Laasgenoemde twee is in dieselfde driebalgroepering vir die eerste twee rondes.

Sokker

Op die internasionale front is verskeie vriendskaplike wedstryde gister gespeel. Van die uitslae lyk só:

Suid-Afrika    1 – 2    Zambië

Frankryk       3 – 2    Engeland

Ecuador        3 – 0    El Salvador

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.