Vandag se sportnuus

Gholf

Die Amerikaanse Ope begin vandag op Erin Hills in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin.

Kom ons loer na ʼn paar van die interessante groeperings vir die eerste twee rondes.

Internasionale rugby

Die Britse en Ierse Leeus speel Saterdag die vyfde wedstryd van hul toer deur Nieu-Seeland. Die wedstryd teen die Maori All Blacks word om 09:35 Suid-Afrikaanse tyd in Rotorua gespeel.

Suid-Afrika en Frankryk pak mekaar Saterdag in Durban in die tweede toets van die huidige reeks. Die Springbokke het verlede Saterdag die eerste toets gemaklik met 37-14 gewen. Die Bokspan vir die tweede toets word vandag bekendgemaak.

Môre om 17:05 speel die SA ‘A’ span teen die Franse Barbarians, ook in Durban. Die wedstryd sal die heel eerste rugbywedstryd op die Moses Mabhida-stadion wees.

Die ander internasionale rugbykragmetings vir dié naweek, lyk só:

Die eindstryd van die Wêreld Junior-Rugbykampioenskap vir o.20’s word Sondag in Georgië gespeel. Engeland, wat die verdedigende kampioen is, sal teen Nieu-Seeland sake uitspook om dié kroon. Die Baba Bokkies sal teen Frankryk te staan kom in die uitspeel om die derde plek.

Superrugby

SA Rugby het aangekondig dat ʼn spesiale algemene vergadering op 7 Julie in Kaapstad gehou sal word. Die vergadering is belê om te bepaal watter vier Suid-Afrikaanse spanne voortaan in die kompetisie sal speel.

Krieket 

In die IKR se Kampioenetrofee is die eerste halfeindwedstryd gister afgehandel. Engeland se neuse is lelik in die modder gevryf deur Pakistan.

Engeland      211 (49.5/50 bb)

Pakistan        215/2 (37.1/50 bb)

Pakistan wen gemaklik met 8 paaltjies (met nog 77 balle oor)

Die tweede halfeindwedstryd word vandag op Edgbaston in Birmingham beslis. Dit is wanneer Indië en Bangladesj sake sal uitspook vir ʼn plek in die eindstryd. Spel begin om 11:30.

Die eindstryd word Sondag om 11:30 op die Oval in Londen gespeel.

Tennis

Kom ons loer na van die uitslae by gister se Mercedes-beker in Stuttgart.

Tommy Haas het die eerste gekeurde Roger Federer in drie stelle geklop. Die telling was 2-6, 7-6 en 6-4. Philipp Kohlschreiber klop die vyfde gekeurde Steve Johnson in drie stelle, terwyl die sesde gekeurde Mischa Zverev klaarspeel met Yannick Hanfmann.

Sokker

Die Wêreldbeker van 2018 in Rusland is nou presies een jaar weg. Dié naweek begin die Konfederasiebeker wat dien as die oefenlopie vir die Wêreldbeker.

Die naweek se bepalings lyk só:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ben ·

Ek kry nou so lekker Micky Arthur se krieketspan is in die finaal terwyl die Proteas en Aussies wat hom nie as afrigter wou he nie die finaal op die tv moet kyk.Die Engelse het GECHOKE maar niemand se iets daaroor nie ;)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.