Vandag se sportnuus

Gholf
Die Amerikaanse Ope wat op Erin Hills gespeel word, het gister begin. Ricky Fowler het ʼn briljante 65 gespeel en hy geniet ʼn voorsprong van een hou.

Internasionale rugby
Vanoggend om 09:35 Suid-Afrikaanse tyd, speel die Britse en Ierse Leeus teen die Maori All Blacks in Rotorua. Die wedstryd word deur baie mense gesien as die sogenaamde vierde toets van hul toer deur Nieu-Seeland.

Suid-Afrika en Frankryk pak mekaar môre in Durban in die tweede toets van die huidige reeks. Die Bokspan vir die tweede toets toon net een verandering van die 23-tal wat in die eerste toets in aksie was. Lionel Mapoe vervang vir Jesse Kriel op buitesenter, nadat hy verlede week ‘n stamp teen die kop gekry het.

Intussen het die Franse agt veranderinge aan hul span aangebring vir môre se toets. Die kaptein Guilhem Guirado maak sy terugkeer op haker. Daar is ook ʼn nuwe skakelpaar naamlik Francois Trinh Duc en Baptiste Serin. Die enigste nuweling in die span is die 20-jarige Damian Penaud wat op senter uitdraf. Die Suid-Afrikaans gebore Scott Spedding is op heelagter ingesluit.

Vanmiddag om 17:05 speel die SA ‘A’-span teen die Franse Barbarians in Durban.
Daar is sewe Springbokke in die Suid-Afrikaanse groep van 23 spelers ingesluit.

Die ander internasionale rugbykragmetings vir die naweek lyk só:

Die Wêreld Junior-Rugbykampioenskap vir o/20’s loop Sondag in Georgië ten einde.

Krieket
By die IKR se Kampioenetrofee is die tweede halfeindwedstryd gister op Edgbaston in Birmingham afgehandel.
Bangladesj 264/7 (50 bb)
Indië 265/1 (40.1 / 50 bb)
Indië wen met 9 paaltjies (met nog 59 balle oor)
Rohit Sharma is as speler van die wedstryd aangewys met sy 123 lopies van net 129 balle.

In Sondag se eindstryd sal Pakistan en Indië dus sake uitspook. Die wedstryd begin om 11:30 op die Oval in Londen.

Tennis
Met die eerste gekeurde Roger Federer wat eergister uitgeskakel is val die fokus op in Stuttgard op die ander gekeurde spelers se uitslae. Die tweede gekeurde Grigor Dimitrov is deur die wêreld se 155ste beste speler Jerzy Janowicz, in twee stelle uitgeskakel.
Die derde gekeurde Tomas Berdych het sy plek in die laaste agt, bespreek na ‘n oorwinning oor Bernard Tomic.

Kanovaart
Hank McGregor, wat al elf keer die Bergrivier-Kanomarathon gewen het, sal nie vanjaar van 12 tot 15 Julie aan diè wedvaart deelneem nie. Die 39-jarige verdedigende kampioen sal in die buiteland by Internasionale byeenkomste in aksie wees.

Sokker
Die naweek se Konfederasiebeker bepalings lyk só:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.