Vandag se sportnuus

Gholf

Die Amerikaanse Ope het vanoggend ten einde geloop. Dié gholftoernooi sal onthou word vir verskeie top-spelers wat nie kon kwalifiseer vir die laaste twee rondes nie. Die finale telbord lyk só:


Internasionale rugby

Verskeie wedstryde is dié naweek beslis. Van die uitslae lyk só:

Intussen is Frans Malherbe en Oupa Mohoje uitgewys vir vuilspel tydens die toets in Durban. Mohoje sal in elk geval die derde toets misloop nadat hy harsingskudding opgedoen het.

Die Wêreld Junior-Rugbykampioenskap vir o.20’s het gister in Georgië geëindig.

 

Krieket 

Die eindstryd van die IKR se Kampioenetrofee is gister op die Oval in Londen gespeel. Pakistan, wat die agste beste span ter wêreld is, het gemaklik met Indië afgereken.
Pakistan        338/4 (50 bb)

Indië               158     (30.3 / 50 bb)

Pakistan wen met 180 lopies.

Tennis

In Stuttgard is die stryd om die Mercedes-beker gister afgehandel. Die wêreld se 16de beste speler, Lucas Pouille, het die veteraan Feliciano Lopez in die eindstryd geklop. Die telling was 4-6, 7-6 en 6-4.

Motorwedrenne

Die 85ste Le Mans 24-uur uithouwedren is die naweek gejaag en Porsche het as oorwinnaars uit die stryd getree.

By die Superfiets Wêreldkampioenskap in Italië het sake só geëindig in wedren 1:

In die tweede wedren het Marco Melandri slegs sy tweede wedren sedert 2014 gewen.

Sokker

Die naweek se Konfederasiebeker se uitslae lyk só:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.