Vandag se sportnuus

Krieket 

Die Proteas het gisteraand teen Engeland in die eerste van drie T20-wedstryde gespeel. Engeland het op ’n drafstap gewen.

Suid-Afrika     142/3 (20 bb)

Engeland      143/1 (14.3/20 bb)

Engeland wen met 9 paaltjies (met 33 balle oor)

Krieketbepalings:

Vroue-krieket

Die IKR se Wêreldbeker vir Vroue begin oormôre in Engeland. Agt lande het gekwalifiseer om deel te neem. Die Proteas is 6de op die ranglys en speel Sondag in hul eerste wedstryd teen Pakistan om 11:30.

Internasionale Rugby

Die Bokspan wat Saterdag teen die Franse in die derde toets op Ellispark speel, word vandag om 14:00 bekend gemaak. Een van die groot vrae is of Jaco Kriel speelkans gaan kry.

Die SA A-span wat môreaand teen die Franse Barbarians in Soweto speel, is gister aangekondig. Johan Ackermann het 13 veranderinge aangebring om aan al die spelers in die groep speelkans te gee. Die senter Francois Venter is die kaptein.

Die Britse en Ierse Leeus speel Saterdag in die eerste van drie toetse teen die All Blacks. Die wedstryd word om 09:35 op Eden Park gespeel.  Die All Blacks se gereelde kaptein, Kieran Read, sal die span aanvoer. Die linkervleuel Julian Savea is weggelaat uit die span en word vervang deur Rieko Ioane.

Ander Rugbybepalings vir die naweek lyk só:

 

Tennis

By die Queensklub se Kampioenskappe in Londen lyk van die uitslae só:

Die Wêreld se tiende beste speler, Jo-Wilfried Tsonga,  is deur Luxemburg se Gilles Muller uitgeskakel. Die telling was 6-4 en 6-4. Grigor Dimitrov het Frankryk se Julien Benneteau met 4-6, 6-3 en 6-4 verslaan.

En by die Halle Ope in Duitsland het die vierde gekeurde Alexander Zverev vir Philipp Kohlschreiber met   6-3 en 6-4 verslaan. Op sy beurt het Roberto Bautista vir

Dustin Brown met 6-4, 1-6 en 7-6 kafgedraf. Robin Haase het die kwarteind bereik deur die tweede gekeurde Dominic Thiem met 6-3 en 7-6 uit te skakel.

In die dubbelspel speel Suid-Afrika se Raven Klaasen en Rajeef Ram vandag in die kwarteind teen Andre Begemann en Tim Puetz.

Gholf

Die Travelers Kampioenskap begin vandag in Connecticut in die VSA. Die Suid-Afrikaners wat sal afslaan is Tyrone Van Aswegen, Retief Goosen en Rory Sabbatini.

In Europa is die fokus op die BMW Internasionale Ope in München. Nie minder nie as veertien Suid-Afrikaners sal afslaan. Dit sluit spelers in soos Dean Burmester, Ernie Els, Jaco van Zyl, Richard Sterne en George Coetzee.

Motorwedrenne

Vandeesweek is daar weer Formule Een- asook Moto GP-aksie. Die Formule Een GP van Azerbeidjan word gejaag, terwyl die Moto GP-aksie in Assen is waar die Nederlandse GP Sondag afgehandel word.

Intussen het Williams aangedui die stories wat versprei word dat hulle weer met Honda ’n ooreenkoms wil aangaan, indien McLaren onttrek, is onwaar. Die adjunkspanbaas van Williams, Claire Williams, het aangedui hulle is gelukkig met hul Mercedes-enjins.

Sokker

Twee Konfederasiebekerwedstryde is gisteraand gespeel.

In die Afrika Kampioeneliga het Esperance teen Mamelodi Sundowns te staan gekom.

Esperance    0 – 0    Mamelodi Sundowns

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.