Vandag se sportnuus

vandag-se-sportsnuus-01Krieket

Ons val weg met die jongste oor die tweede kriekettoets tussen SA en Sri Lanka, wat gister op Nuweland in Kaapstad begin het.

Sri Lanka het die loot gewen en besluit om die Proteas in te stuur om te kolf. SA het hul eerste paaltjie (van Cook) op nul verloor. Amla en Elgar het toe mooi vasgeskop voordat nog 2 paaltjies voor middagete geval het.

Dean Elgar was die groot uitblinker met sy 6de hondertal van sy loopbaan en is op 129 uitgehaal. Elgar het 230 balle getrotseer en 15 viere gemoker.

Uiteindelik het SA die dag se spel afgesluit met 297/6 op die telbord. SA sal vandag hul beurt voortsit, met Quinton de Kock op 68 en Kyle Abbott op 16.

SA het die eerste toets met 206 lopies gewen.

Ander krieketnuus sluit in dat die derde en laaste toets tussen Australië en Pakistan vanoggend  begin het. Die Aussies kolf eerste en David Warner het voor middagete reeds ʼn hondertal aangeteken.  Australië loop met 2-0 voor in die reeks.

NZ en Bangladesh meet later vanoggend kragte in ʼn T20-wedstryd.

F1 Nuus

Mercedes behoort binnekort bekend te maak wie die plek van Nico Rosberg gaan inneem vir die 2017-seisoen. Dit lyk egter asof dit ʼn uitgemaakte saak is dat die Fin, Valtteri Bottas, die plek van die uitgetrede wêreldkampioen gaan inneem.

Dit beteken Bottas kan saam met Lewis Hamilton die Mercedez-jaers wees.

TydrenNuus

Die 38ste Dakartydren het gister afgeskop, met die eerste skof oor 39km wat vannag Suid-Afrikaanse tyd begin het. Van die vroë inligting dui op die volgende stand van sake:

Motorafdeling:

  1. Nasser Al-Attiyah van Qatar, 00:25:41 (2 keer voormalige wenner)
  2. Xavier Pons FORD, 00:26:05
  3. Nani  Roma TOYOTA, 00:26:10
  4. Carlos  Sainz PEUGEOT, 00:26:14
  5.  Geniel De Villiers TOYOTA, 00:26:22 (+41 sek)

15  Rautenbach (ZWE) HOWIE (ZAF) TOYOTA, 00:27:40 (+00:01:59)

Motorfiets:

  1. Xavier De Soultrait van Frankryk, 00:28:20
  2. J. Pedrero Garcia SHERCO TVS, 00:28:22
  3. R. Brabec HONDA, 00:28:34
Thomas (ZAF)HUSQVARNA+4:13
Evans (ZAF)KTM+9:46
Terblanche (ZAF)KTM+10:01

Vierwielmotorfietse:

  1. Marcelo Medeiros van Brasilië, 00:32:53
  2. G. Gonzalez YAMAHA, 00:33:55

Tennis

Die veteraan, Richard Gasquet, het Frankryk na ʼn 2-1 oorwinning oor Duitsland gelei in die jaarlikse Hopman-bekerkompetisie vir  gemengde spanne in Perth.

Gasquet het die opkomende ster, Alexander Zverev, in hul mansenkelspelwedstryd geklop en toe saam met Kristina Mladenovic die gemengde dubbelspelwedstryd gewen.

Roger Federer van Switzerland het geen tekens van roes in sy eerste mededingende wedstryd in ses maande getoon  nie. Hy het Dan Evans van Brittanje met 6-3 en 6-4 geklop in die Hopman-beker .

Die Grand Slam-wenner, wat 17 seges agter sy naam kan skryf, het verlede jaar ʼn knie-operasie ondergaan en toe boonop met ʼn rugbesering gesukkel.

Switserland het ook die gemengde dubbelspel gewen en die wedstryd teen Brittanje maklik beklink.

Gholf

In die Amerikaanse PGA reeks die week:

05 Jan  08 Jan  Toernooi van Kampioene

Kapalua, Maui, Hawaii

$6,000,000

 In die Europese reeks begin die aksie weer volgende week:

12 Jan  15 Jan  BMW SA Ope aangbied deur die Stad van Ekurhuleni

Glendower Golf Club

R15,000,000

Rugby

Richard Cockerill se sewejaartydperk as direkteur van rugby by Leicester, het gister ten einde geloop toe die Engelse rugby-reuse hom afgedank het.

Die 46-jarige voormalige Engelse haker was vir 12 jaar by die afrigtingspan van die Tigers betrokke en sedert 2010 aan die stuur van sake.

Sokker

In die Engelese Premier liga lyk gister se uitslae so:

West Ham United0 – 2Manchester United
Manchester City2 – 1Burnley
Everton3 – 0Southampton
Sunderland2 – 2Liverpool
West Bromwich Albion3 – 1Hull City
Middlesbrough0 – 0Leicester City

Vandag se bepalings:

AFC Bournemouth v Arsenal, Vitality Stadium om 21:45

Stoke City v Watford, Britannia Stadium om 22:00

Crystal Palace v Swansea City, Selhurst Park om 22:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.