Varsitybeker: Maties bó aan punteleer

Tukkies op die aanval. Verskeie Varsitybekerwedstryde is gister afgehandel. Foto: GB Jordaan.

Maties en die Pukke is die enigste twee onoorwonne spanne in vanjaar se Varsitybeker nadat hulle gisteraand onderskeidelik met die Sentrale Universiteit vir Tegnologie en die Shimlas afgereken het.

Die Potchefstromers het egter nog ’n wedstryd in die bank en beklee die derde plek op die punteleer, met die Universiteit van Pretoria wat dan ná hulle vier wedstryde in die tweede plek lê.

Die Pretorianers het self skaflik op ’n nat LC de Villiers vertoon om die manne van Witwatersrand met 46-12 te klop.

Ikeys is weer terug op die wenpad te danke aan ’n spogvertoning teen die Universiteit van Johannesburg in Kaapstad.

Die Kapenaars het ’n rits drieë gedruk om met 42-23 te wen. Die gevaarligte moet egter in die Goudstad begin flikker (en dit het niks met Eskom uit te waai nie).

Driaan Bester se span kon nog nie een van hul vier wedstryde wen nie en hulle blyk op koers te wees om die houtlepel in die reeks met die Universiteit van die Wes-Kaap te deel.

Uitslae:

  • Pukke 26-13 Shimlas

Pukke: Drieë: Andries van Niekerk, strafdrie, Akhona Nela, Lungelo Gosa. Doelskoppe: Schalk Burger (2)

Shimlas: Drie: Tiaan Schutte. Doelskop: Lubabalo Dobela. Strafskoppe: Dobelo (2)

  • Maties 50-15 CUT

Maties: Drieë: Anton du Toit (4), Luciano Ellias (2), Chris Smit, Edwill van der Merwe. Doelskoppe: Adriaan van der Bank (2), Reinardt Fortuin, Anton du Toit.

CUT: Drieë: Anrich Alberts (2). Doelskop: Heinrich Bitzi. Strafskop: Bitzi.

  • Ikeys 42- UJ 23

Ikeys: Drieë: Josh Moon, Simon Raw, Kyle Bowman, Nyasha Tarusenga (3). Doelskoppe: Darian Hock (5).

UJ: Drieë: Tyreez February, Tatendaishe Mujawo, Wynand Botha. Doelskoppe: Mashudu Raphunga (2).

  • Tukkies 46-12 Wits

Tukkies: Drieë: Etienne Janeke, Werner Fourie, Raegon Cronje, Lourens Pretorius (2), Ciaran Dayaran. Doelskoppe: Christo Hamman (2), Tinus de Beer. Strafskop: De Beer.

Wits: Drieë: Jared Fuller, Neil Nyembe. Doelskop: Kurt Webster.

  • Punteleer:

Maties (19)

Tukkies (15)

Pukke (14)

Shimlas (10)

Ikeys (10)

Wits (7)

CUT (4)

UJ (2)

UWC (0)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.