Die twee halfeindrondes in die vroue-enkelspel het Donderdag ʼn verrassing opgelewer toe Venus Williams in die vroue-enkelspel uitgeskakel is. Maar Suid-Afrika se fokus is op Vrydagaand.
Dit is wanneer Kevin Anderson (28) in die manshalfeind teen Pablo Carreno Busta (12) speel. Die mans se twee halfeindrondes word vanaf 22:00 (SA tyd) gespeel.
Williams, wat negende gekeur is, is deur haar ongekeurde landgenoot Sloane Stephens met 6-1, 0-6, 7-5 uitgeskakel.
In die ander halfeind het Madison Keys met Coco Vandeweghe klaargespeel in 6-1, 6-2.
Die vroue-eindstryd word Saterdag om 22:00 (SA tyd) gespeel.
Vir volledige uitslae, bepalings en statistiek klik op http://www.usopen.org