Video: Blitsbok hardloop teen 35 km/h

JC Pretorius op pad doellyn toe. Foto: Facebook.

JC Pretorius kan die volgende sewessuperster word: hy het hope vaart en sy versnelling vanaf die merkie is sy groot sterk punt.

In een wedstryd die afgelope naweek in Vancouver, het hy ’n spoed van 35 km/h op die aanval bereik. Maar hoe vergelyk sy spoed met dié van ander blitse?

Die Amerikaner, Carlin Isles, word as die vinnigste rugbyspeler ter wêreld gereken. Hy kan die 100 m in 10.13 s kafdraf, terwyl hy by ’n vorige sewestoernooi teen 37km/h die verdediging laat bontstaan het.

Die legendariese Jonah Lomu het destyds die 100 m in 10.7 sekondes voltooi.

Ander blitse:

  • Doug Howlett (Nieu-Seeland): 100 m-tyd van 10.68 s.
  • Joe Rokocoko (Nieu-Seeland): 100 m-tyd van 10.66 s.
  • Bryan Habana (Suid-Afrika): 100 m-tyd van 10.4 s.
  • Tonderai Chavanga (Suid-Afrika): 10.27 s.

Player tracking: pretorius has wheeeels

Pretorius has got wheeeeeeelssSpringboks Johannes Pretorius sees a gap and hits it with 35 kmph speed #Canada7s

Posted by World Rugby Sevens on Saturday, March 9, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

B-man ·

Sterkpunt = goeie eienskap
Sterk punt = verwarring (is sy sterk punt in die wind?)

Andre ·

Waar is daai Amerikaanse 7 speler se naam?
Hy hardloop hulle almal weg.

Swartwolf ·

Spiekeries: ” hier is spoed, hier is spoed, hier is spoed”……..1986 All Black rebellie na SA toer toe Jaco Reinach deurgaan vir ‘n drie van 50 m …great memories.

Swartwolf ·

Spiekeries: ” hier is spoed, hier is spoed, hier is spoed”……..1986 All Black rebel toer na SA toe Jaco Reinach deurgaan vir ‘n drie van 50 m …great memories.

Henk Brand ·

Carlin Isles mag nou wel verdedigers laat bontstaan met sy spoed, maar hy staan maar self lekker bont wanneer dit by verdediging kom. Sy rol is om ‘n drie te druk, vir die res is hy maar so-so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.