Video: Lee jammer oor neusblaas-blaps

n

Nico Lee se Pro14-seisoen is iets van die verlede. Foto: Facebook.

Die Cheetahs se Nico Lee sal 13 weke se rugby misloop nadat hy deur die Pro14-strafpaneel skuldig bevind is aan wangedrag op die veld tydens die Vrystaters se kragmeting teen Connacht die afgelope naweek.

Lee het in die 64ste minuut van dié wedstryd – ’n kragmeting wat die Cheetahs met 17-25 verloor het – sy neus op Connacht se flank, Colby Fainga’a, gesnuit.

Die 24-jarige senter is deur die dissiplinêre komitee bestaande uit Owain Rhys James, Richard Cole en Nigel Williams aan vuilspel skuldig gevind en is tot en met 21 Julie geskors, wat beteken hy sal die res van die Pro14-rugbyreeks misloop sowel as nog ʼn paar wedstryde daarna.

Sy goeie rekord en die feit dat hy om verskoning gevra het, het egter in sy guns getel en die skorsing wat aanvanklik 22 weke was is na 13 weke verminder.

“Dit is hoegenaamd nie die persoon wie ek is nie. Ek wil net sê ek is jammer en om verskoning vra vir my gedrag,” het Lee gesê.

Die Cheetahs het intussen in ʼn verklaring gesê die onsportiewe gedrag word in ʼn baie ernstige lig beskou. “Die Cheetahs veroordeel hierdie soort gedrag wat nie deel is van die span se kultuur nie en aanvaar dus die straf.”

Volgens die Cheetahs het Lee diepe berou oor sy aksies en het hy onmiddellik ná die wedstryd sy opponent om verskoning gevra. “Die Cheetahs besef hy het berou oor sy aksie en die span aanvaar sy verskoning.”

Benhard Janse van Rensburg sal Lee vervang en het by die span in Cardiff, Wallis, aangesluit. Die Cheetahs speel Sondag teen Scarlets in Llanelli.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JK ·

Behoort geskors te word om enigens Pro14 te speel. Vieslik, disgusting man.

Jorrie Jordaan ·

Die spoegery oppi veld is erg genoeg! en nou neus snuit genade!!!!!!!!!

Disgusted ·

en dit op n speler, aspris! Gaan hy soos die ander Saffa spelers maak en apeleer en se hul het nie geweet nie, dalk moet hy n bladsy uit Faf, Rabada, Philander se boek gaan kry om weg te kom met goed.

OE LA LA LA ·

Klink my hy liewers vir die Bulle gaan speel – hulle mos so lief om te baklei!!

BaasJan ·

OE LA LA LA….baklei en snotskiet is twee verskilende goed. Gaan bou jou legkaart klaar.

Nico ·

Hier is nou een van die beste bewyse dat die enigste deel wat professioneel aan rugby is, is die belaglik hoë salarise wat hulle kry. Spel op veld uiters amateur. Hoop hy vir loor ook daardie salaris terwyl hy nie kan speel nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.