Video: Olimpiese Spele: Goud en nuwe wêreldrekord vir SA

Van Niekerk kort na sy rekordoorwinning. Foto: AP Photo/David J. Phillip

Van Niekerk kort na sy rekordoorwinning. Foto: AP Photo/David J. Phillip

Wayde van Niekerk het vroeg Maandagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) die 400 m in ʼn nuwe wêreldrekordtyd by die Olimpiese Spele in Rio gewen.

Die 24-jarige Van Niekerk het Michael Johnson se wêreldrekord van 43,18 s wat in 1999 opgestel is verbeter in ʼn tyd van 43,03 s.

Kirani James van Grenada was tweede in ‘n tyd van 43,76 s terwyl die Amerikaner LaShawn Merritt in 43,85 s met die derde plek tevrede moes wees. Die eerste sewe mans het almal in ʼn tyd van 44,50 s die wedloop voltooi.

Die verspringer Luvo Manyonga het Saterdag vir Suid-Afrika se sesde medalje op die Olimpiese Spele in Rio gesorg toe hy met ʼn silwermedalje weggestap het.

Chad le Clos het vroeg Saterdagoggend sy tweede silwermedalje (100 m-vlinderslag) gewen nadat hy vroeër ook silwer in die 100 m-vlinderslag gewen.

Die Blitsbokke het Donderdagaand ʼn bronsmedalje verower toe hulle Japan met 54-14 getroef het. Vroeër in die dag het die roeiers Lawrence Brittain en Shaun Keeling ʼn silwermedalje in die 2 000 m vir pare ingeoes.

Cameron van der Burgh het Suid-Afrika se eerste medalje op die Spele gewen nadat hy tweede in die 100 m-borsslag gekom het.

https://youtu.be/orwgcqKsE8Q

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Klong ·

Ons is baie trots op jou
Ek hoop Minister sport besef nou dat atletiek kies die atleet self hoe goed hy is,
en nie deur tranformasie

Johann ·

Wow! Trots op jou! En gaan nie die obvious state en wegvat van jou hardewerk nie…maar waar is die miniater van sport om AL die atlete geluk te wens? O ja…hys net geworry oor kworas en sy eie magspel.

E.K. (vra net) ·

Johann, wat het dit met hierdie te doene? Terloops Wayde is “anderskleurig”.

lilipit ·

dit haal al die blou uit ‘n blou maandag! en dit vanuit die buitebaan.. die moelikste posisie om in te wees in ‘n 400…

Jan maak n Plan ·

ABSOLUUT PUIK GEDOEN – WEL GEDAAN!!!!!!!!!!!!!!

Adeline ·

Well done Wayde!! Ek is seker die hele SA swel van trots!! ?

Didi ·

Wow. Baie baie geluk Wayde!! So trots op jou en om n suid afrikaner te wees vandag!!

Kiepie ·

Dit was een van die mooiste goed wat ek nog gesien het in my lewe. Well done Wade van Niekerk!! En mooiste van alles is sy absoltue nederigheid.

Mamparra ·

Wanneer “vroër” het Chad Le Clos ‘n silwer in 100 meter vlinderslag gewen? Vroër dieselfde dag, of vroër die vorige spele?

Kiepie ·

Vroeër die week by hierdie spele Mamparra. Hy het twee silwer medaljes by hierdie spele gewen. Duidelik volg jy nie nie SA’ners by die spele nie en duidelik het jy ‘n verwronge sin vir waarde as dit jou enigste kommentaar is op hierdie artikel.

WitBlits ·

Hy het Vrydag/Saterdag gesamentlik tweede met Michael Phellps en nog iemand geeindig om almal ‘n silwer medalje te wen

E.K. ·

Ek het van die begin van die Spele uitgesien na hierdie resies en spesiaal vanoggend halfdrie opgestaan om daarna te kyk! EPIES! Ek was SO trots om hom te sien wen en wou sommer 70 opstote doen van blygeid! Wayde jy verdien die goud uit en uit!

Suzie ·

Baie, baie geluk. Soooo trots op jou. Was ‘n pragtige wedloop, en dit uit die buitebaan ook nog. Die moeilikste baan om in te hardloop. Ek is net vies vir die kamerawerk, want die kamera was baie van die tyd net op die 2 in die middel gefokus, en eers hier by die 100m merk het hulle vir Wayde regtig begin wys…seker weer nie gedink dat ‘n Suid Afrikaner so kan gatskop nie!

Kiepie ·

Suzie, hierdie is ‘n geredigeerde video wat MM hier gelaai het. Gaan kyk na die regte weergawe op Supersport se webwerf. Dit is dieselfde kommentators maar die kamerawerk en beeldgehalte is baie beter. Daar is Wayde heeltyd in beeld. Dit is ook langer en wys die opbou en nabetragting baie beter as hierdie weergawe.

Uiltjie ·

ALLE GELUK. WAYDE!!!! ASA her nou nie eens n kans op n medalje gegee nie! Wys nou net: As God vir ons is, wie kan teen one wees?

Koos ·

Sê jy daarmee dat God net aan die Suid-Afrikaners se kant is?

Gert ·

Baie trots op jou Wade, jy het weereens gewys dat ons as Suid Afrikaners kan presteer op alle gebiede. Die politici moet net hul neuse uit die sport uithou.
Dan is daar natuurlik die mense wat graag die kwota en die kleur bal die heeltyd speel, asb. mense word groot en kyk verby daai dinge.

Ekke ·

Baie geluk aan AL die medalje wenners, ons is trots op julle!!!

Marietjie ·

Skoon trane gehad Baie baaaaie geluk W VAN NIEKERK jy maak ons so TROTS XXXXGod bless

Delia ·

Ek het nie DSTv nie en kry maar my inligting op MM en die Internet. Dankie vir die video MM.
Aan al die SA atlete wat uit haal en wys, veral ook aan Wayde, baie geluk….ons is SOOOOOOO baie trots op julle!

Marianne ·

MY BROTHER FROM ANOTHER MOTHER!!!!
UITSTEKEND – JY VERDIEN DIT!!!
Ek bars van trots om te kan se – daai outjie is ons outjie!!!!!

Landi Slatter ·

Dagsê Yvonne,

Dankie vir jou navraag. Die gebruiker het die vorige video afgehaal, ons het ‘n nuwe video bygesit. Kyk gerus na dié wonderlike sege.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Landi Slatter ·

Dagsê Bernard,

Dankie vir jou navraag. Die gebruiker het die vorige video afgehaal, ons het ‘n nuwe video bygesit. Kyk gerus na dié wonderlike sege.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.