Die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro skop op 7 September af. Suid-Afrikaanse atlete oefen hard in die aanloop tot vanjaar se skouspel. Sommige atlete glo egter daar is te min bewusmaking oor die Paralimpiese Spele en dat Oscar Pistorius se afwesigheid dalk die rede hiervoor is. Maar lede van Span SA sê dié toedrag van sake gaan nie in hulle pad staan om medaljes in te palm nie.
Die Paralimpiese Spele vind van 7 September tot 18 September plaas.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Dink die span gaan ‘n hele paar medaljes huis toe bring. Dit is ‘n verrykende ervaring om na die Paralimpiese spele te kyk. Hoop daar word net soveel mediadekking gegee as met die huidige spele.
Absoluut, daar is reeds minder geld vir die byeenkoms en ek hoop regtig nie nog meer top atlete uit Afrika word by die huis gelos hieroor nie. Die fout le by Ipc en nie Afrika.