Vir oulaas twee verrassings op pad na die kwarteind

Die laaste kwarteindplekke in die Amerikaanse Ope by Flushing Meadows het Maandag twee groot verrassings, een elk in die mans- en in die vroue-afdeling, ingesluit.

Juan Martin del Porto, 24ste gekeur, het nadat hy die eerste twee stelle teen Dominic Thiem (6) verloor het, vasgeskop en die twyfelagtige eer te beurt geval om teen een van die groot gunstelinge, Roger Federer, in die kwarteindronde te speel; en Madison Keys (15) het met Elina Svitolina, wat vierde gekeur is, afgereken.

Maandag se laaste uitslae van die ronde van 16 wat na die kwarteindronde deur is:

Mans
Rafael Nadal (1) 6-2, 6-4, 6-1 teen Alexandr Dolgopolov; Roger Federer (3)  klop Phillipp Kohlschreiber 6-4, 6-2, 7-5; Andrey Rublev klop Dave Goffin (9) 7-5, 7-6 (7-5), 6-3; Juan Martin del Potro (24) klop Dominic Thiem (6)   1-6, 2-6, 6-1, 7-6, 6-4.

Vroue
Karolina Pliskova (1) klop Jennifer Brady 6-1, 6-0; CoCo Vandeweghe (20) klop Lucie Safarova 6-4, 7-6 (7-2); Madison Keys (15) klop Svitolina (4) 7-6, 1-6, 6-4; Kaia Kanepi klop Daria Kasatkina 6-4, 6-4.

Die kwarteindbepalings –

Mans
Rafel Nadal (1) vs Andrey Rublev; Roger Federer (3) vs Juan Martin del Porto (24); Sam Querrey (17) vs Kevin Anderson (28); Pablo Carreno Busta (12) vs D Schwartsman (29).

Vroue
Karolina Pliskova (1) vs Coco Vandeweghe (20); Madison Keys (15) vs Kaia Kanepi; Venus Willliams (9) vs Petra Kvitova (13); Sloane Stephens vs Anastasija Sevastova (16).

Vir volledige tellings en afslaantye, klik op die skakel http://www.usopen.org

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.