Wát ’n wedstryd!

Damian McKenzie. Foto: Facebook.

Op papier was die Hurricanes die gunsteling om die Nieu-Seelandse derby teen die Chiefs vanoggend te wen.

Hulle het al ’n paar skitterende seges in die doodsnikke van ’n wedstryd behaal, terwyl die manne van Waikato nog nie een wedstryd vanjaar kon wen nie.

Maar die Chiefs was vasbeslote om dié een te wen en hulle het lekker hardlooprugby teen ’n hoë tempo gespeel. Damian McKenzie was absoluut op sy beste en het 18 van die Chiefs se 23 punte aangeteken.

Die Chiefs was eerste op die telbord toe Anton Lienert-Brown gaan druk het. Die ’Canes se Beauden Barrett het egter onmiddellik met ’n strafskop van sy eie geantwoord.

Die Chiefs het egter avontuurlustige rugby gespeel en dié strategie het duidelik vrugte afgewerp. McKenzie het gaan druk en sy skopskoen het gesorg dat die tuisspan ’n rustydvoorsprong van 20-13 geniet het.

Tog word die ’Canes nie verniet vanjaar as die terugvegmeesters van Superrugby beskou nie en twee vinnige drieë het gesorg dat die telling 23 elk is.

Met minute lange speeltyd op die horlosie oor, het albei spanne alles in die stryd gewerp om die wedstryd te wen, maar ongedwonge foute het hul pogings gekelder.

Die Chiefs se harte het waarskynlik meer benoud geklop toe Marty McKenzie in die 75ste minuut die bal oor die doellyn verloor het en die Hurricanes ’n skrum op hul doellyn gegee het.

Puntemakers:

Chiefs: Drieë: Anton Lienert-Brown, Damian McKenzie. Doelskoppe: McKenzie (2). Strafskoppe: McKenzie (3).

Hurricanes: Drieë: Matt Proctor, Wes Goosen. Doelskoppe: Beauden Barrett (2). Strafskoppe: Barrett (2), Jordie Barrett.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

cr ·

Hoekom word die telling nie in die berug genome nie. Ek moes uitwerk om te bepaal wat die eind telling was????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.