Van Niekerk is as Sportster van die Jaar vir 2016 bekroon danksy sy gouemedalje-vertoning by die Olimpiese Spele vroeër vanjaar. Hy is ook as Sportman van die Jaar aangewys, ʼn eer wat hom ook verlede jaar te beurt geval het. Ans Botha, Wayde se afrigter, is as Afrigter van die Jaar aangewys. Semenya is as Sportvrou van die Jaar aangewys.
Charl du Toit, wat twee goue medaljes losgehardloop het in die Paralimpiese Spele, is as Sportman van die Jaar met ʼn gestremdheid aangewys. Ilse Hayes, wat twee silwermedaljes in die Paralimpiese Spele gewen het, is as die vrouewenner aangewys.
Mamelodi Sundowns het die toekenning Span van die Jaar gewen. Ntando Mahlangu is as Nuweling van die Jaar bekroon.
Oud-Springbokkaptein Francois Pienaar was een van drie ontvangers van die Steve Tshwete-leeftydprestasie-toekenning.