Willemse op heelagter vir Lions-wedstryd

Damian Willemse begin op heelagter teen die Lions. Foto: Facebook.

Dis weer derbytyd en die Suid-Afrikaanse vlag gaan die naweek op Nuweland geswaai word wanneer die Stormers die Lions aanvat.

Die Kapenaars sal probeer om van verlede week se loesing teen die Bulls op Loftus Versfeld terug te spring, terwyl die Lions op die momentum wat hulle verlede week in Buenos Aires gekry het, sal wil voortbou.

Vir die Stormers skuif Damian Willemse – sommige reken hom as die mees talentvolle nommertien in Suid-Afrika – na heelagter waar hy die beseerde Dillyn Leyds vervang. Die jong Willemse het gesukkel in die losskakelposisie teen die Bulls en sy plek word deur Jean-Luc du Plessis gevul.

Die Springbokslot, Eben Etzebeth, is op die bank vir die Stormers.

Swys de Bruin het sy spelers roteer, met Ruan Combrinck wat op vleuel sal uitdraf en Aphiwe Dyantyi wat slaankrag vanaf die plaasvervangersbank sal verleen.

Kwagga Smith, lid van die Lions se lostrio. (Foto: GB Jordaan).

In Kwagga Smith, Marnus Schoeman en Malcolm Marx het die Johannesburgers tiere wat om die bal sal veg.

Die blonde Schoeman het ook sy driedrukvermoë in Argentinië uitgestal, toe hy verlede week ’n driekuns behaal het.

Die Lions het die vorige wedstryd op Nuweland 26-23 gewen.

  • Afskoptyd is Saterdag om 17:15 en die wedstryd word regstreeks op SuperSport1 uitgesaai.

Lions: Andries Coetzee (heelagter), Ruan Combrinck (regtervleuel), Lionel Mapoe (buitesenter), Harold Vorster (binnesenter), Courtnall Skosan (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Nic Groom (skrumskakel), Warren Whiteley (agtsteman en kaptein), Kwagga Smith (flank), Marnus Schoeman (flank), Stephan Lewies (slot), Marvin Orie (slot), Carlu Sadie (stut), Malcolm Marx (haker), Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Pieter Jansen, Sti Sithole, Jacobie Adriaanse, Rhyno Herbst, Hacjivah Dayimani, Gianni Lombard, Aphiwe Dyantji, Sylvian Mahuza.

Stormers: Damian Willemse (heelagter), Sergeal Petersen (regtervleuel), Ruhan Nel (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), SP Marais (linkervleuel), Jean-Luc du Plessis (losskakel), Jano Vermaak (skrumskakel), Sikhumbuzo Notshe (agtsteman),  Pieter-Steph du Toit (flank), Siya Kolisi (flank en kaptein), JD Schickerling (slot), Chris van Zyl (slot), Wilco Louw (stut), Bongi Mbonambi (haker), Ali Vermaak (stut). Plaasvervangers: Scarra Ntubeni, Corne Fourie, Frans Malherbe, Eben Etzebeth, Jaco Coetzee, Herschel Jantjies, Joshua Stander, Dan du Plessis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

PJC ·

Ja Jepetto ek is geneig om met jou saam te stem. Solank as wat die Stormers spelers ui posisie speel gaan hulle sukkel. S.P.Marais is een van die beter heelagters in die land maar nou word sy talente op vleuel vermors.

Judge Dredd ·

Dis omdat hulle Willemse in die springbok span probeer inkry – maar huidiglik sit Pollard op loskakel hom ore aan.

Hennie ·

Moenie die Stomers onderskat nie dinge het maar net skeef geloop

SjN ·

Hennie, ek hou baie van jou positiewe gesindheid, maar daar is fout by die Stormers, kry vir eers n regte kaptein om mee te begin.

Afrikaan ·

Ek gaan sekerlik baie kritiek hieroor kry, maar ek weet eerlik nie wat die groot storie rondom Damian Willemse is nie. Dis waar, hy word telkens uit posisie gespeel maar hy het my nog nie só beindruk in enige posisie dat hy ‘n westryd wenner genoem kan word nie. Op Super- en internasionale vlak word hy oorheers deur sy opponente en help sy springery op die veld maar min om enige voordeel te kry. Ek hoop hy kan nog ontwikkel in die wonder speler wat hy voorgehou word om te wees, want hy word ook geag deur Erasmus en kie. Tans egter, is daar baie spelers (in elke posisie) wat strate beter speel en meer bestendig is hy.

pbotha ·

Leyds is nie beseer nie…hy is wel by die oogarts..omdat hy steeds nie kon sien watter kant Specman by hom verby is nie…dus WP is eintlik beter af as hy nie speel nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.