Worcester-sportnaweek wil gemeenskap ophef

Ferdinand Rabie en Samantha (Foto: @thelegendrunner/Instagram)

Ferdinand Rabie se droom was om voor Covid-19 ’n sportnaweek deur Legend Events te doen. Nou, ná maande se wag, vind die Breede Valley Sports Weekend uiteindelik op 24 en 25 September plaas by die Mountain Mill Mall in Worcester in die Wes-Kaap.

Legend Events glo sterk dat hulle sportgeleenthede die gemeenskap, waar dit gehou word, moet baat. Rabie het reeds van kindsbeen af goeie verhoudings met die boere van De Wet tot die Nuy Vallei en ’n persentasie van die inskrywingsfooi vir hierdie naweek gaan aangewend word om skryfbehoeftes vir die plaaslike plaasskole aan te skaf. Hierdie inisiatief is moontlik gemaak in samewerking met die burgerregteorganisasie AfriForum wat deel in Legend Events se kern missie- en visiedoelstellings.

Trevor Pigg, president van die Rotary het ook, ongeag die besige tyd waarin hulle is, ingespring en hulle hulp aangebied met die verspreiding van die skryfbehoeftes. Rabie wil dit ʼn instelling maak om een maal per jaar oor ’n naweek saam met die Lions, Round Table en die Vryburgers skryfbehoeftes aan minderbevoorregte skole te oorhandig en deur hierdie samewerkingsgeleenthede te wys dat daar nie ʼn “I” in “WE” is nie.

Die sportnaweek skop op Vrydag 24 September om 08:00 af met ’n 85 km-bergfietsrit. Die 40 km-bergfietsrit begin om 08:15 en die 15 km-bergfietsrit om 08:30. Die grootste opblaas hinderniswedren vin plaas van 09:00 tot 10:00 en deelnemers sal in intervalle van vyf minute vir hierdie uur kan wegspring en deelneem.

Die 21 km-veldwedloop vind die Saterdag plaas deur die Karoo Dessert Botaniese Tuin. Die 10 km-veldwedloop sal om 08:30 afskop en die 5 km weer in intervalle van vyf minute van 09:00 tot 10:00. Die bergfietsritte en veldwedlope begin by Mountain Mill Mall, maar om die Breede Vallei te bemark maak die 40 km-bergfietsrit en 21km-veldwedloop by De Wet Wynkelder klaar. Legend Events wil wys dat almal in die vallei by dié byeenkoms baat vind.

As jou familielid of vriend jou nie kan kom haal nie, is daar gratis vervoer beskikbaar om jou terug te neem na die Mountain Mill Mall.

Ferdi sê dis mos nou lekker om ʼn glasie van een van die beste kelders se wyne te geniet en só vra hy vir die wat nie deelneem nie: “Kom geniet ʼn wyntjie op jou mater se prestasie!”

Legend Events bied ook hulle eerste Funduro aan wat die Saterdag van 11:00 tot 14:00 by Nuy Valley Conradie Family Vineyard sal plaasvind. Ferdi sê wat hom opgewonde maak, is dat daar mense is wat reeds vir die bergfietsrit die Vrydag en die Funduro-veldfietsrit die Saterdag ingeskryf het. Dit beteken dit wat hy wil vermag, gebeur reeds.

Covid-19 het die ekonomie ’n groot onreg aangedoen en Legend Events wil graag ook van hierdie geleentheid gebruik maak om toerisme te ondersteun en plaaslike ondernemings ’n bemarkingsgeleentheid te bied.

Vir meer inligting oor hierdie geleentheid of om jou onderneming hier te bemark stuur ’n e-pos na [email protected].

Kom deel in die pret en ondersteun só die plaaslike gemeenskap!
Volg die geleentheid op Facebook: Legend Events South Africa
Instagram: @thelegendrunner
Of besoek die webwerf vir meer inligting: www.legendevents.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.