WP Rugby finaal gelikwideer

Nuweland-stadion (Argieffoto) Foto: whatsonincapetown

Nuweland-stadion (Argieffoto) Foto: whatsonincapetown

WP Rugby (Edms) Bpk, die sakevleuel van die Westelike Provinsie Rugbyunie wat by Nuweland gebaseer is, is Dinsdag finaal gelikwideer.

Mazars Recovery and Restructuring, die likwidateur wat deur die hof aangestel is, het in ʼn verklaring bevestig ʼn finale likwidasiebevel vir WP Rugby, wat al sedert 7 November 2016 onder voorlopige likwidasie is, is toegestaan deur regter Binns-Ward.

Die finale bevel gee die likwidateurs die nodige mag om die onderneming te verkoop en enige negatiewe of nie-kommersiële kontrakte te kanselleer.

Die aangestelde likwidateur, Chris van Zyl, besturende direkteur van Mazars Recovery and Restructuring, het gesê dit is positiewe nuus vir krediteur en werknemers.

ʼn Maatskappy genaamd Aerios, wat oor sekere advertensie- en digitale regte beskik wat betref WP Rugby en Nuweland-stadion, het ʼn paar dae gelede ʼn aansoek by die Kaapstadse hooggeregshof ingedien om die likwidasie teen te staan.

Die Westelike Provinsie Rugby Voetbalunie (WPRVU) word nie deur die likwidasie geraak nie, hoewel dit ʼn 75%-aandeelhouer van WP Rugby (Edms.) Beperk is. Die spelers se kontrakte sal dus nie geraak word nie en die afrigter Robbie Fleck se kontrak is vroeër met drie jaar verleng.

WP Rugby is die derde Suid-Afrikaanse rugbyunie/maatskappy wat vanjaar in die likwidasiehof staan oor die onvermoë om hulle finansiële verpligtinge na te kom. Die ander is die OP Kings se handelsbeen, OP Rugby (Edms.) Beperk en die Grens-rugbyunie se handelsbeen Grens Rugby (Edms.) Beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lance ·

Kotas …hier kom nog kyk mooi ….mense is keelvol vir die alewige keel afdrukkery ….so ploeter nou maar voort op julle eie …kyk wie kom nou rugby kyk en waar julle die voete en geld gaan kry …want ek is weg en so ook baie ander waarvan ek weet

Koos ·

Die bokke stap dieselfde pad. Ek sal nie meer na n stadion reis nie

Jan ·

Rasisties, ons mag nie rasse se kwaliteite en hul vaardighede in kampe verdeel nie, ook nie redes soek waarom sekere rasse beter as ander in spesifieke sporte presteer nie. Die Jamaikane bv se spiermassa en verhouding tot die liggaam is vir kort afstande aangepas, maar o wee moet tog nie iets in dier voege in SA bewys of kwytraak nie, dan is jy ‘n rasis.

Johanna Botha ·

Dalk oorweeg om wedstryde by soccer city te gaan speel en n nuwe klieënte basis so te probeer werf, want ons gaan ook nie meer nie !

Chris ·

Kyk nou mooi. Al die stede waar daar nuwe stadions gebou is se “apartheids strukture” gaan van die rugby unies vervreem word. Die volgende ene is Natal Rugby Unie (Sharks). Die monsteragtige Moses Mabida stadion word omtrent 6 keer, as dit so baie is gebruik. (Ek mag verkeerd wees). Ek weet war die probleem met die WP rugby unie is. Daar sit mense daar wat nie daar hoort nie. Dit is die saamryers en aanhakkers. Van die manne het seker as kind aan ‘n rugbybal gevat.

Mel Johannessen ·

Ek is van GROOT ondersteuner van SA rugby na iemand wat eerlik kan se ek gee nie meer om nie …rugby is van kleins af in so baie van ons se bloed en net so het ons “geliefde regering” ook dit van ons af weg geneem. Daar word geklou aan afrigters wat nog nooit aan n rugby bal gevat het nie,terwyl ons manne soos Johan Ackerman het wat net kan staan en kyk hoe “self destruct”

Frans ·

Rugby isi me wat dit was nie so stadions gaan leegloop hou dop

Boela ·

Mel, ek is in presies dieselfde bootjie – was eens op ‘n tyd ‘n groot ondersteuner, maar het ‘n jaar of twee gelede besluit genoeg is genoeg: ek kyk en ondersteun nie ‘n sport waar rassistiese politiek belangriker as meriete is nie. Boonop het Afrikaans byna heeltemal uit SA rugby verdwyn – kyk maar na die programme en luister maar na die aankondigers by rugbywedstryde. Dit ten spyte van die feit dat die meerderheid rugbyondersteuners Afrikaanssprekend is. Nee wat, rugby het my (en my geld) heeltemal verloor.

Pietser ·

Wie is die hedendaagse afrigters wat nog nie aan ‘n rugbybal gevat het nie? Ackerman het SA “A” afgerig en hulle het AL hul wedstryde teen ‘n vierderangse Engelse spannetjie verloor in SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.