BASA lewer kommentaar op die stimulus vir kleinsakeondernemings, die Minerale Raad gee sy oorsig oor die mynboubedryf en ‘n ondersoek na hoër pryse vir knoffel en gemmer kom.
Alles vir die sleutelwoord "3 sake – 3 minute"
Luister in 3 minute: Sentralisasie se impak op gesondheidsbedryf bekyk
Gerhard van Onselen van Sakeliga is terug met nog ʼn episode van “3 Minute, 3 Sake” waarin hy die verslapping van sekere Covid-19-regulasies op die plaaslike sakewêreld ondersoek, asook die moontlikheid van ʼn stygende werkloosheidsyfer en die uitwerking van sentralisasie op die gesondheidsbedryf bespreek.
Luister in 3 minute: Impak van alkoholverbod, huisprysindeks en arbeidswetgewing
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die jongste huisprysindeks van FNB, die ekonomiese implikasies van die algehele alkoholverbod en problematiese arbeidswetgewing.
Luister in 3 minute: Hou die oog op belastings in 2021
Gerhard van Onselen van Sakeliga ondersoek die volgende sake in die jongste “3 Minute, 3 Sake”: Vlak 3-inperkings word volgehou, munisipale druk in 2021 en Sakeliga is op soek na ʼn beter kleinsakewysigingswet.
BBP-syfers, moontlike aandele in Eskom en toerismebedryf onder die loep
In die jongste “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die jongste BBP-data, ʼn plan om Eskom-skuldbriewe in aandele te omskep en die toerismebedryf wat steeds weens die Covid-19-pandemie ly.
Luister in 3 minute: Strenger beleid, wetsontwerpe gaan werkloses nie help
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek die strenger beleid en wetsontwerpe wat die regering wil instel om werklose mense te help en armoede te verlig. Hy kyk ook na ʼn verslag wat daarop dui dat armoede toegeneem het te midde van die Covid-19-pandemie.
Regeringsbeleid, Covid-19 en rommelstatus kniehalter ekonomiese herstel
In vandeesweek se aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder van Sakeliga, die kredietgradeerders se besluit om die plaaslike regering se skuld nog dieper in rommelstatus af te gradeer. Hy kyk ook na Sakeliga se jongste verslag wat ʼn oorsig oor die ekonomie gee, en gee ʼn blik op die Netcare-groep se handelsoorsig.
Luister in 3 minute: Sakeliga staan Reserwebankwet se wysigings teen
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” kyk Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder van Sakeliga, na die voorgestelde wysigings aan die Reserwebankwet en die Wet op Nasionale Padverkeer.
Luister in 3 minute: Internasionale verslag oor SEB beklemtoon kommer
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bespreek in vandeesweek se aflewering van “3 Minute, 3 Sake” ʼn internasionale verslag wat die probleme met swart ekonomiese bemagtiging uitwys. Hy kyk ook na twee ekonomiese gevolge van die afsonderingsmaatreëls vir die Covid-19-pandemie.
Luister in 3 minute: Sakeliga wen in hof oor SEB
Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, is terug in vandeesweek se aflewering van “3 Minute, 3 Sake” waar hy drie van die grootste sakekwessies bespreek. Eerstens kom Sakeliga se hofoorwinning teen die toepassing van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) met vooraf-diskwalifikasievereistes vir bespreking aan die beurt.
Luister in 3 minute: Swak beleid speel rol in werkloosheid
In hierdie week se aflewering van “3 Minute, 3 Sake” gesels Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, oor die konsepweergawe van ʼn wetsontwerp wat die gedrag van finansiële instellings reguleer. Hy bespreek oor die sprake van strenger inperkingsvlakke en regeringsbeleid se uitwerking op werkloosheid.
Luister in 3 minute: ’n Herstelplan, elektrisiteit en nog ’n mini-begroting
Gerhard van Onselen, ʼn ontleder by Sakeliga, is terug met nog ʼn aflewering van “3 Minute, 3 Sake” en hy bekyk eerste die presidensiële herstelplan. Daarna bespreek hy ook die besluit dat munisipaliteite nou hulle eie krag mag opwek en die aanloop tot nuwe “mini-begroting”.
Luister in 3 minute: Nog ’n ekonomiese regrukplan op die kaarte
In vandeesweek se uitgawe van “3 Minute, 3 Sake” gesels Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, oor onteiening, Nersa en die jongste ekonomiese regrukplan.
Luister in 3 minute: Vlak 1-inperking ontwrig steeds toerisme
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” kyk Gerhard van Onselen na vlak 1 van afsondering wat toerisme lamlê. Die inperkingsmaatreëls het ook ʼn beduidende invloed op die toename in hongerte en die uitbreiding van armoede gehad. Die radiospektrum wat bestem is vir opveiling kom ook onder Van Onselen se ekonomiese vergrootglas.
Luister in 3 minute: Werksverliese, kredietrisiko vir banke bespreek
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, die katastrofiese werksverliese in tweede kwartaal, ʼn stygende kredietrisiko vir banke en die grootste daling in vaste belegging op rekord.
Luister in 3 minute: Navorsingsgroep meen SA stuur af op ‘mislukte staat’
In hierdie week se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, ʼn navorsingsgroep se vooruitskatting dat Suid-Afrika afstuur op ʼn mislukte staat indien ekonomiese beleid nie verander nie.
Luister in 3 minute: Skok oor BBP en planne vir openbare besteding
Vir vandag se drie sake in die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake”, kyk Gerhard van Onselen van Sakeliga na die skok oor die BBP, openbare bestedingsplanne, en laastens Okosa wat SEB-kodes wil verskerp.
Luister in 3 minute: Stad Kaapstad, werkloosheidsyfer en garsboere in die nuuskollig
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen ʼn hofuitspraak teen die Stad Kaapstad, ʼn vooruitskatting in die verhoging van die plaaslike werkloosheidsyfer en garsboere wat met ʼn oorskot in produksie sit.
Luister in 3 minute: Donker wolk dreig oor inperking se trefslag op ekonomie
“Ondernemings moet vir ʼn kleiner ekonomie, en ʼn 10–20%-vermindering van omset en winste beplan. En massa-afleggings is ʼn wrede werklikheid. Herstel gaan lank duur.”
Luister in 3 minute: Verslapping van inperking ‘te min, te laat’
Gerhard van Onselen bespreek in die jongste “3 Minute, 3 Sake” die verder verslapping van afsonderingsmaatreëls, ʼn groep wat aandring op groter ekonomiese vryhede om armoede te voorkom en die landbougemeenskappe se regsaksies teen die regering.