Gerhard van Onselen, senior ontleder verbonde aan Sakeliga, kyk in die jongste ‘3 Minute 3 Sake’ na die regering wat geld in dollars leen, die repokoers wat konstant gehou word en talle landwye stakings wat nou dreig.
Alles vir die sleutelwoord "3 sake – 3 minute"
Luister in 3 minute: Skokkende daling in sakevertroue
Gerhard van Onselen van Sakeliga gesels in vandeesweek se ‘3 Minute, 3 Sake’ oor ʼn kommerwekkende daling in sakevertroue, Solidariteit wat rassewette pak en ʼn impakstudie oor die nuwe Kredietwet.
Luister in 3 minute: Politieke risiko, duurder water en onluste
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bespreek in vandeesweek se 3 Minute, 3 Sake, ʼn peiling oor politieke risiko, die moontlikheid dat duurder water Suid-Afrika se voorland is, asook die gewelddadige onluste in die groot metro’s.
Luister in 3 minute: BBP-syfers, afleggings en die tesourie se plan
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek vandeesweek in ‘3 Minute, 3 Sake’ die jongste BBP-syfers, Group Five se aankondiging dat dit afleggings voorsien en die tesourie se dokument vir ’n ekonomiese omkeer.
Luister in 3 minute: ʼn Belastingrevolusie en Eskom se omkeerplan
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, kyk in die jongste aflewering van ‘3 Minute, 3 Sake’ na die belastinghoof se kommer oor ʼn moontlike belastingrevolusie.
Luister in 3 minute: Pensioenfondse en ’n nuwe kredietwet
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, gesels in vandeesweek se aflewering van ‘3 Minute, 3 Sake’ oor die ANC se uitlatings oor pensioenfondse, die Black Management Forum se planne om te litigeer oor transformasie en pres. Cyril Ramaphosa se bekragtiging van ʼn nuwe kredietwet.
Luister in 3 minute: Grondverslag, gesondheid en emigrasie bespreek
In die jongste aflewering van ‘3 Minute, 3 Sake’ word terugvoer gegee oor Sakeliga se werksessie wat handel oor die presidensiële adviespaneel se grond- en landbouverslag.
Luister in 3 minute: Bankstaking, SA se ekonomie en VSA-China-handelsoorlog
In 3 Minute, 3 Sake bespreek Sakeliga hierdie week die staking wat dreig in die bankwese, die voortgesette verswakking in die Suid-Afrikaanse ekonomie en die jongste verwikkeling in die VSA-China‑handelsoorlog.
Luister in 3 minute: Grond, graderingsagentskappe en buitelanders wat groet
In 3 Minute, 3 Sake bespreek Sakeliga hierdie week die presidensiële adviespaneel se grondverslag, die graderingsagentskappe se kommer oor Eskom en buitelanders wat besig is om hul Suid-Afrikaanse bates teen ʼn rekordspoed te verkoop.
Luister in 3 minute: NGV, waterregte en die mededingingskommissie
In hierdie week se ‘3 Minute, 3 Sake’ bespreek Sakeliga die jongste oor die Nasionale Gesondheidsversekering, beoogde wysigings aan waterregte, en laastens die mededingingskommissie wat Murray & Roberts‑samesmelting gestop het.
Luister in 3 minute: Minimumlone en rentekoerse bekyk
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bekyk in dié week se 3 minute, 3 sake die bemagtigingskommissie by MTN, minimumlone en afleggings asook die plaaslike rentekoers.
Luister in 3 minute: Nuwe belasting vir munisipaliteite en vryer handel in Afrika
Gerhard van Onselen bespreek die finansiële en fiskale kommissie se voorstelle vir munisipale belastings. Hy neem ook die tekort aan verpleegpersoneel in Suid-Afrika onder die loep en gesels oor die Afrika-vryehandelsooreenkoms wat Nigerië onlangs onderteken het.
Luister in 3 minute: Raswette in die appèlhof, ouditverslag en lae sake-siklus
In vandeesweek se aflewering van 3 sake, 3 minute bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, dié organisasie se regsaak in die hoogste appèlhof oor ras-wette.
Luister in 3 minute: Nog ʼn staatsrede, Eskom en ʼn nuwe dataspektrum
In vandeesweek se aflewering van 3 sake, 3 minute bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, vanjaar se staatsrede, Eskom en ʼn nuwe spektrum vir data.
Luister in 3 minute: Grondverslag, nog ʼn staatsrede en pensioenfondse
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, neem drie sakekwessies onder die loep wat vandeesweek opslae gemaak het.
Luister in 3 minute: Drie dinge wat die ekonomie kan regruk
Sakeliga meen dit is nou tyd dat pres. Cyril Ramaphosa se nuwe daeraad tasbare voordele vir sakeondernemings begin lewer. Die organisasie glo dit moet die opskorting van skadelike beleide, wetgewing en debatte behels.
Luister in 3 minute: Vrae oor Ebrahim Patel en koolstofbelasting
In hierdie week se ‘3 sake, 3 minute’ word die nuwe kabinet bespreek en vrae gevra oor die nuwe minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel.
Luister in 3 minute: Gelykheid, hervorming en kredietgraderings
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bespreek in hierdie week se 3 sake, 3 minute, die klem wat Ramaphosa die afgelope naweek op gelykheid in sy inhuldigingstoespraak gelê het, asook wat dit vir Suid-Afrika kan beteken.
Luister in 3 minute: Die verkiesing, ʼn nuwe kabinet en beleidshervorming
Daniel du Plessis en Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek in hierdie week se 3 sake, 3 minute die 2019-verkiesing, pres. Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet en die moontlikheid van beleidshervorming.
Luister in 3 minute: Chinese lenings, die ekonomie en Airbnb-regulasies
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bespreek in hierdie week se 3 sake, 3 minute die Chinese lening aan Eskom, ʼn oorsig oor die ekonomie wat pas uitgereik is en die Wes-Kaapse regering wat ook regulasies van Airbnb wil teenstaan.