ʼn Vragmotorbestuurder is Woensdag na die hospitaal gehaas nadat sy vragmotor met klippe bestook is naby die Jerusalem informele nedersetting in Boksburg, suid van Johannesburg.
Alles vir die sleutelwoord "aanval"
Skoolhoof se vrou vir fiets aangeval
Suzette Beneke is Woensdagoggend aangeval en met ʼn mes in haar gesig gesteek nadat ʼn rower haar fiets wou steel. Suzette se man, Willie, is die hoof by Laerskool Bergsig in die weste van Pretoria.
Terroris kry skadevergoeding
Die Europese hof van menseregte het gelas dat België skadevergoeding van 5 000 Euro’s aan ‘n terroris moet betaal wat reeds sy volle vonnis van sewe jaar gevangenisstraf uitgedien het.
Pa vermoor, seun met panga gekap tydens aanval
ʼn 21-jarige man is met ʼn panga in die gesig gekap en sy pa is twee keer in die kop geskiet tydens ʼn aanval op die gesin se hoewe in De Deur, suid van Johannesburg.
Vrou met panga aangeval
ʼn Vrou van Kempton Park aan die Oos-Rand is vroeër die maand buite haar werkplek deur ʼn man met ʼn panga aangeval.
Bom-aanval: Pa sê oorlewende voel skuldig
Die pa van ‘n man wat die ontploffing in Kaboel oorleef het, sê sy seun voel skuldig omdat hy oorleef het.
Man oorleef luiperd-aanval
Gerrie Camacho, ‘n roofdierkenner van die Mpumalanga Toerisme- en Parkeagentskap (MTPA) sterk tans in die Nelspruit Mediclinic aan nadat hy deur ‘n luiperdwyfie aangeval is.
SuperSport-man sterk aan ná aanval by rugbywedstryd
Jacques van Schalkwyk (44), ‘n regisseur van SuperSport, wat oor die naweek glo by Vodacompark in Bloemfontein aangeval is, was tydens die aanval glo saam met ‘n ander man se vriendin.