Drie klinieke in Klerksdorp in Noordwes is Dinsdag tydens die aardbewing beskadig.
Alles vir die sleutelwoord "aardbewing"
Aardbewing: Minstens 400 huise in Orkney beskadig
Minstens 400 huise is Dinsdag tydens die aardbewing in Orkney in Noordwes beskadig.
Aardbewing: Hoë geboue in Vrystaat ontruim
Die Vrystaatse regering het Dinsdag tydens ʼn aardbewing alle staatsdiensamptenare uit Bloemfontein se twee hoogste geboue ontruim.
Aardbewing: Mynwerkers beseer by Noordwes-myn
Sewentien werknemers is by AngloGold Ashanti se Vaalrivier-bedrywighede in Noordwes beseer na Dinsdag se aardbewing.
Aardbewing: Mynwerkers nie vasgekeer
Paramedici het bevestig dat geen werkers in myne in Orkney, Noordwes vasgekeer is na Dinsdag se aardbewing nie.
Mynwerkers vasgekeer na aardbewing
Daar is volgens berigte werkers wat in myne in Orkney, Noordwes vasgekeer is na Dinsdag se aardbewing.
Aardbewing ruk groot dele van SA
ʼn Aardbewing is Dinsdag omstreeks 12:30 in verskeie provinsies landswyd gevoel en het vinnig sosiale media op hol gehad.
Video: Dodetal in Chinese aardbewing styg tot meer as 380
Die dodetal in ‘n aardbewing wat die suidweste van China Sondag getref het, het tot 381 gestyg met nog 181 wat vermis word.
Groot aardbewing skud Meksiko
‘n Baie sterk aardbewing wat 7,1 op die momentmagnitudeskaal geregistreer het, het pas in die suide van Meksiko geskud.
Groot aardbewings ruk Alaska-eilande en Nieu-Seeland se Raoul-eiland
‘n Skudding van 7,9 op die Momentmagnitudeskaal het Alaska se Little Sitkin-eiland getref, terwyl die Raoul-eiland net noord van Nieu-Seeland deur drie skuddings sterker as M6 geskud is. Die sterkste was M6,9.
Baie beseerdes weens Griekse aardbewing
Aanvanklike berigte dat die aardbewing Saterdag van 6,9 op die momentmagnitudeskaal in Griekse gebiedswater in die Egeïese See min skade of beserings opgelewer het, was verkeerd.
Groot aardbewing skud verskeie lande
‘n Aardbewing van 6.9 op die momentmagnitudeskaal is Saterdag in Griekeland, Turkye en Bulgarye gevoel.
Sterk aardbewing skud Vancouver
‘n Sterk aardbewing van 6,6 op die Momentmagnitudeskaal het in die see net wes van die eiland Vancouvereiland aan die Kanadese ooskus voorgekom. Die skudding is tot in die stad Vancouver op die vasteland gevoel.
Vlaag sterk aardbewings tref aarde
‘n Vlaag van sewe aardbewings sterker as 7 op die momentmagnitudeskaal wat die aarde vanjaar getref het, het almal in die afgelope drie weke voorgekom.
Kragtige aardbewing in Papoea-Nieu-Guinee
Papoea-Nieu-Guinee is Saterdag deur ʼn kragtige aardbewing van 7,5 op die Richterskaal getref.
Kragtige aardbewing skud vakansiegangers in Meksiko
‘n Baie sterk aardbewing van 7,2 op die momentmagnitudeskaal het vakansiegangers in Acapulco op Goeie Vrydagoggend goed laat skrik.
Groot aardbewing suid van Suid-Afrika
‘n Aardbewing wat 6,9 op die momentmagnitudeskaal geregistreer het, het sowat 400 kilometer noordoos van Bouvet-eiland voorgekom. Die episentrum was 2 279 kilometer suid van Hermanus.
Vlaag groot aardbewings tref aarde
Waar dit tot die begin van April nog ‘n baie stil aardbewingjaar vir baie sterk aardbewings was, was daar sedert die 2 April nou reeds vyf bielies van sterker as 7 op die momentmagnitudeskaal.
Wêreld deur groot aardbewings geskud
‘n Reuse aardbewing van 7,1 op die momentmagnitudeskaal in Papua Nieu-Guinee, is deur naskokke geskud, waarvan die een M6,7 gemeet het. Geen berigte van groot skade of lewensverlies is nog ontvang nie.
Gaan Yellowstone-supervulkaan uitbars?
Dit gons op die sosiale media dat die Yellowstone Supervulkaan in die VSA kan uitbars nadat foto’s en videomateriaal aanlyn gepubliseer is wat toon hoe bisons vervaard paaie oorsteek soos hulle skynbaar van die toneel vlug. ‘n Video volg onderaan die berig.