Die laaste ontruimingsvlug uit Afghanistan vertrek dán.
Alles vir die sleutelwoord "Afghanistan"
Min opsies vir VSA na bloedige aanval in Kaboel
Die Amerikaners het nie veel van ʼn ander keuse as om Afghanistan finaal druipstert te verlaat nie. Daar is ʼn sterk moontlikheid dat daar enige oomblik verdere terreuraanvalle kan plaasvind.
VSA loods hommeltuigaanval op Isis-beplanner
“Voorlopige aanduidings is dat ons die teiken uitgewis het.”
Slegs een selfmoordbom in Kaboel – Pentagon
“Ons glo steeds dat daar geloofwaardige bedreigings is … spesifieke, geloofwaardige bedreigings.”
Dodetal styg ná ontploffings in Kaboel
Amerikaanse bevelvoerders het gesê hulle is op hul hoede vir nog aanvalle by die lughawe.
Ses dood, talle beseer in ontploffing by Kaboel-lughawe
Volgens Amerikaanse owerhede was dit selfmoordbomontploffings.
Taliban sê buitelandse troepe moet skoert
Die Taliban het gewaarsku daar sal gevolge wees indien troepe van die VSA en Brittanje nie teen volgende week uit Afghanistan padgee nie.
Afghaanse baba op ontruimingsvlug gebore
Duisende Afghaanse burgers en buitelanders skarrel tans om die land te verlaat nadat die Taliban beheer oor die land geneem het.
Sewe sterf in chaos naby Kaboel-lughawe
Sewe Afghaanse burgers is dood in chaos naby die Kaboel-lughawe, het die Britse ministerie van verdediging Sondag gesê terwyl duisende mense steeds poog om uit die land te vlug.
EU, VSA ‘baie bekommerd’ oor Afghaanse vroue, meisies
Die verklaring kom terwyl Westelike lande ontruimingsvlugte uit Kaboel reël vir hul burgers en Afghane wat hulle die afgelope twee dekades gehelp het.
Militante liberalisme se aandeel in opkoms van militante Islam
Die groot vraag is egter nie hoekom die Amerikaners so skielik uit Afghanistan is nie, maar hoekom hulle íngegaan het.
Nuuskommentaar: Taliban steeds ʼn terroristegroep
Is dit moontlik vir die VSA om voort te gaan met sy anti-terroriste-oorloë – wat sy eie belange beskerm – sonder om nie uiteindelik vasgevang te word en te bly in ʼn konstante imperialistiese oorlog van ideologiese oorheersing nie?
Twee van SA in Afghanistan vra hulp – Dirco
Daar was die afgelope dae kwaai bespiegeling oor die veiligheid van Suid-Afrikaners in Afghanistan nadat die regering omvergewerp en die Taliban beheer van die land oorgeneem het.
Chaos by Kaboel-lughawe
Alle weermag- en siviele vlugte is by Kaboel-lughawe opgeskort weens skares wat op die aanloopbaan uithardloop.
Paniek in Kaboel ná Taliban oorneem
Duisende mense het reeds na die lughawe in Kaboel gestroom in ʼn poging om die land te verlaat, nadat die gevreesde Taliban Sondag beheer van die land oorgeneem het.
Diplomate onttrek wyl Taliban wag om beheer te neem
Die regering het aangedui dat onderhandelinge onderweg is om bloedvergieting in Kaboel te probeer verhoed en mag aan die Taliban oor te gee.
Tientalle dood ná ontploffings naby Afghaanse meisieskool
ʼn Motorbom het voor die skool ontplof en toe die leerders in paniek uitgehardloop het, het nog twee bomme ontplof.
Internasionale oorsig: Tien jaar van vernietiging in Sirië
Die afgelope week is die uitbreek van die burgeroorlog in Sirië tien jaar gelede op somber wyse herdenk.
100 petroltenkwaens in brand-katastrofe verwoes
Minstens 100 olie- en gastenkwaens is in ʼn ‘katastrofiese brand’ verwoes op Afghanistan se grootse handelskruising met Iran.
Talle dood in twee Afganistan-bomaanvalle
Daar was die afgelope paar maande ʼn vlaag aanvalle in Afganistan ten spyte van die regering en die Taliban wat vredesonderhandelinge begin het.