Bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het, kan die land na “ekonomiese selfmoord” dryf, waarsku AfriForum. Dít terwyl Outa sê die antwoord op wát presies op die skip gelaai is, behoort eenvoudig te wees.
Alles vir die sleutelwoord "AfriForum"
Hersieningsaansoek oor SAMRK-besluit oor Malema-haatspraak
EFF-leier Julius Malema het in 2016 tydens ’n byeenkoms in Newcastle onder andere gesê: “We are not calling for the slaughtering of white people, at least for now.”
Kommer oor ‘dubbele standaarde’ oor haatspraak
Die organisasie sê hy kan nie die uitbreiding van haatspraakwetgewing steun binne ʼn konteks van dubbele standaarde waar simbole wat geen oproep tot geweld bevat nie, tot haatspraak verklaar word, terwyl openlike oproepe tot geweld verdra word.
Strafbare manslag- beskuldigde in hof oor dood van klein Amé
“In plaas daarvan dat ek op 19 Mei in die kombuis staan en ʼn koek bak vir my dogter se sewende verjaardag, wat op die 20ste sou gewees het, sal ek in die hof sit.”
Vertoon van ou landsvlag bly haatspraak
“Vryheid van uitdrukking as ’n reg het ongelukkig afgewater geraak in hierdie land,” sê AfriForum.
Vermeende verkragter wil nie self getuig
AfriForum se privaatvervolgingseenheid vervolg al jare lank Isaac Andile Memese privaat namens Celeste Gouws nadat die direkteur van openbare vervolging in die Oos-Kaap geweier het om hom vir die beweerde misdryf te vervolg.
AfriForum-buurtwagte hou nasionale massapatrollie
Altesaam 2 474 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en ’n totaal van 67 051 km in 1 911 voertuie afgelê.
Student veg vir behoud van Krugerplein, Afrikaanse straatname in België
Pieter vertel hy het sy projek vir die behoud van Suid-Afrikaanse straatname deeglik beplan voordat hy tot aksie oorgegaan het.
Regering wéér beveel om te help met Botswana-ondersoek
’n Regter het nou bevind dat die Suid-Afrikaanse regering vir tyd speel in plaas daarvan om saam met Botswana te werk in sy ondersoek na hooggeplaaste Suid-Afrikaanse politieke figure.
AfriForum vul gaping in taalatlas se inhoud oor Afrikaans
Wat Afrikaans betref, is die taal bloot as potensieel kwesbaar in dié taalatlas geklassifiseer.
Opleidingsessies laat Besigheidsbytjies-projek behoorlik zoem
“Met die vaardighede wat deur hierdie opleidingsessie aangebied word, hoop ons om jong entrepreneurs te kweek wat in die toekoms hulle gemeenskap sal dien en bevoordeel.”
‘Politiek, Eskom, lewenskoste oorskadu erns van plaasmoorde’
“Die minister van polisie doen selfs moeite om ander misdaadtonele te besoek en die families van die oorledenes by te staan, maar as dit by plaasmoorde en -aanvalle kom, is daar geen sprake van nie.”
Groot oorwinning in hofsaak oor Jhb-skole se belasting
“Die metro kan nie ’n besluit afdwing as daar nie ’n behoorlike proses gevolg is nie.”
Buurtspanlid gemartel ‘omdat hy vir AfriForum werk’
Pieter Grobler (22) is geslaan, met ʼn skerp voorwerp in die gesig gesteek, met sigaretstompies gebrand en “ʼn voorwerp” is in sy keel afgedruk.
Min in hegtenis vir plaasmoorde
“Wat veral kommerwekkend is, is dat geen plaasmoordverdagtes in die Oos-Kaap, Gauteng of Mpumalanga in hegtenis geneem is nie.”
Tinteltong-toekennings beklink koopkrag van Afrikaans
Sedert die ontstaan van dié inisiatief, is meer as 90 ondernemings, insluitend bekende handelsmerke soos Vannie Kaap, NB Uitgewers, Bril, Funky Ouma, Idees Vol Vrees en vele meer met ʼn Tinteltong-toekenning bekroon.
Meld slaggate in Pretoria só aan
As gevolg van die skade wat die afgelope paar weke se swaar reëns veroorsaak het, is die paaie in Pretoria in ’n bedenklike toestand. Daar is bykans nie ’n straat in die stad ontsien van reuse-slaggate nie wat ’n veiligheidsrisiko vir motoriste en pendelaars inhou.
Saak oor onderwysinstellings se eiendomsbelasting weer aangehoor
Hierdie regsaksie volg nadat die metroraad weggedoen het met ’n eiendomskategorie wat vir onderwysinstellings gegeld het.
‘Moordenaar’ terug agter tralies ná eenheid ingryp
Sewe jaar se gebrek aan optrede deur die owerhede het vandeesweek binne net drie dae tot ’n einde gekom.
Vuurwapensaak teen Malema lank uitgestel
Die saak teen die EFF-leier, Julius Malema, en sy lyfwag en medebeskuldigde, Adriaan Snyman, sal eers later vanjaar hervat word.