Daar is geskep, gevorm, foto’s geneem, video’s gemaak, gesing en gedans, en dit was duidelik: In Suid-Afrika lyk Afrikaans dikwels verskillend, maar daar is net één Afrikaans.
Alles vir die sleutelwoord "Afrikaans.com"
“Hoe lyk JOU Afrikaans?” Tweede ronde wenners bekend!
Afrikaans is net soos die mense wat die taal praat – kleurvol, kreatief, karaktervol en uniek.
Video: Skoliere vertel oor hul liefde vir Afrikaans
Skoliere vertel oor hulle liefde vir hul moedertaal in dié video, as deel van Afrikaans.com se projek, Hoe lyk jou Afrikaans?
Video: My Afrikaans is…
Hierdie advertensie in die Afrikaans.com-veldtog raak Afrikaanssprekendes se harte landswyd en word wyd op sosiale media gedeel.
Uitdrukking: Die kat die bel aanbind
Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “Die kat die bel aanbind” beteken.
Tim du Plessis: ‘Ons Afrikaansheid maak ons uniek’
“In ʼn globaliserende wêreld word die soeke na uniekheid al meer. Ons wil tog nie almal Amerikaners of Britte wees nie.Daar moet iets wees wat jou bietjie anders maak – ons het daai voordeel, ons Afrikaansheid maak ons uniek, dit maak ons interessant.” sê Tim du Plessis.
Hoe lyk jóú Afrikaans – eerste wenners bekend gemaak
Meer as 800 mense het oor die afgelope drie maande van oraloor aan die ‘Hoe lyk jou Afrikaans?’-kompetisie van Afrikaans.com deelgeneem. Hier is die eerste wenners.
Uitdrukking: Elke voël sing soos hy gebek is
Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “Elke voël sing soos hy gebek is” beteken.
[Video] Uitdrukking: Hy dra water in ‘n mandjie aan
Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “Hy dra water in ‘n mandjie aan” beteken.
Video: Uitdrukking: ‘n Voël in die hand is beter as 10 in die lug
Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “’n Voël in die hand is beter as 10 in die lug” beteken.
My Afrikaans, jou Afrikaans – ons almal se Afrikaans
“As jy iets wil weet oor feeste, boeke, musiek of onderwys of selfs taal- en hulporganisasies, dan besoek jy Afrikaans.com, en dan lei dié webwerf jou na die betrokke organisasie se webwerf waar jy meer inligting kan kry.”
[Video] Uitdrukking: Jou oor ‘n dooie rot verheug
Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “”Jou oor ‘n dooie rot verheug” beteken.
[Video] ‘Afrikaans is die mooiste taal wat bestaan’
Hierdie advertensie in die Afrikaans.com-veldtog raak Afrikaanssprekendes se harte landswyd en word wyd op sosiale media gedeel.
[Video] Uitdrukking: ‘n Ou voël met kaf probeer vang
Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “‘n Ou voël met kaf probeer vang” beteken. Neem gerus deel aan Afrikaans.com se veldtog, “Hoe lyk jou Afrikaans?”
Stem vir jou gunsteling- Afrikaanse boek
Wat is ʼn taal sonder boeke? Jy kan nou help om die honderd Afrikaanse boeke te kies wat die grootste impak op dié taal gemaak het sedert Afrikaans 90 jaar gelede ʼn amptelike taal geword het.
Redakteursbrief: Ons Afrikaans is rooibostee en roulynolie… hoe lyk jou Afrikaans?
Hoe lyk jóú Afrikaans? wil ʼn splinternuwe veldtog vir die bevordering van Afrikaans as handelsmerk, Afrikaans.com, by ons, die gebruikers van Afrikaans, weet. Ek krap kop, al ʼn week lank. Ons weet hoe klink Afrikaans. Maar hoe lyk Afrikaans? Só skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief.
Nuuskommentaar: As Afrikaans die dag saamtrek
Die teenspoed wat Afrikaans by universiteite kry, is ’n duidelike aanduiding dat alles in die stryd gewerp moet word om saam te werk om die taal te bevorder en te bemark. Die webwerf www.Afrikaans.com bied so ’n geleentheid vir deelname deur almal vir wie Afrikaans belangrik is.
Afrikaans.com: Hoe lyk jóú Afrikaans?
In ons land verteenwoordig Afrikaans baie verskillende kulture, dialekte en variante. Afrikaans is divers, kleurvol en kontemporêr. Ons rig met die veldtog die uitnodiging: Vertel ons hoe lyk jou Afrikaans.
Pioniersprojek vir Afrikaans bekend gestel: ‘Afrikaans, jou lekker ding!’
ʼn Splinternuwe bymekaarkomplek vir alle mense wat hulself deel voel van Afrikaans, is Donderdagaand tydens ʼn glansgeleentheid by The Venue in Melrose Arch, Johannesburg, bekend gestel.