Daar is vandeesweek tien snitte wat styg, ses wat daal, drie wat hul posisies behou en een nuweling.
Alles vir die sleutelwoord "Afrikaanse musiek"
Maroela Media se Top 20 albums vir 2015
Met meer as 12 maande se top 20 liedjies om van te kies, het Daantjie Dinamiet Maroela Media se top 20 beste albums van die jaar neergepen.
Maroela Media Top 20 vir 2015
Daantjie Dinamiet, wat gereeld musiek resenseer vir Maroela Media, het al sy musiek-kennis ingespan om die top 20 Afrikaanse liedjies vir 2015 te kies. ʼn Klomp liedjies wat deur die jaar ook in Maroela Media se top 20 liedjies was, is ook op dié lys.
Maroela Media se Top-20: 28 Desember 2015
In vandeesweek se Top-20 is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, drie wat hul posisies behou en twee nuwelinge.
Maroela Media se Top-20: 21 Desember 2015
In vandeesweek se Top-20 is daar nege snitte wat styg, agt wat daal, twee wat hul posisies behou en een nuweling.
Maroela Media Top 20: 14 Desember 2015
In vandeesweek se Top 20 is daar tien snitte wat styg, sewe wat daal, een wat onveranderd bly en twee nuwelinge. Cordelia behou haar eerste…
Die Campbells kry goud met Bapsfontein-DVD
Die Afrikaanse duetbroers van Die Campbells, Harry en Tony Campbell, se DVD Bapsfontein Live het pas goue status bereik. Dié eer word toegeken aan sangers wanneer hulle meer as 10 000 eenhede van ʼn album of DVD verkoop.
Plaaslike sanger finalis in internasionale videokompetisie
Die Afrikaanse sangeres, Jennifer Zamudio, het die weeklikse rondte van die internasionale musiekvideokompetisie gewen waaroor Maroela Media voorheen berig het.
[Video] Carla help boere met ‘Wat maak ’n boer’ se iTunes-opbrengs
Carla Oberholzer, wat haar deesdae sanger en liedjieskrywer hou, wil met die opbrengs van die verkope van haar liedjie “Wat maak ‘n Boer” boere in nood help.
Luister: Stadsboer maak groot aankondiging
Die Afrikaanse sanggroep Stadsboer het onlangs by Maroela Media kom kuier om goeie én slegte nuus mee te deel. Die groep, wat ook die kykNET-musiekvideokompetisie gewen het, sê hulle gaan aanhou musiek maak, al verlaat Michelle (sanger en kitaarspeler) die groep einde vanjaar.
Jennifer Zamudio ook finalis in internasionale videokompetisie
Die Afrikaanse sangeres, Jennifer Zamudio, vier vanjaar nie net 15 jaar in die musiekbedryf nie, maar is ook onlangs deur George Ruiz, die hoof uitvoerende beampte van die wêreldwye sangkompetisie, SuperXtar, versoek om die musiekvideo vir haar liedjie “Sê dit harder” in te skryf.
[Video] Dis weer 1950 in Charlize Berg se nuwe musiekvideo
Die Sama-benoemde Charlize Berg verras haar gehoor met ’n kleurvolle en unieke musiekvideo vir die enkelsnit “My hart myne”. Dié musiekvideo is by Hartbeespoort in Pretville verfilm.
[Video] Saarkie vertel Dullstroom-stories in nuwe musiekvideo
Die Afrikaanse rockgroep, Saarkie, het onlangs die musiekvideo vir die enkelsnit “Dullstroom”, van die album Reisiger af, bekendgestel.
Lianie May finalis in internasionale videokompetisie
Die gewilde sanger en liedjieskrywer, Lianie May, se musiekvideo vir die snit “Naweeklyfie” het deurgedring na die weeklikse ronde in ʼn internasionale videokompetisie. Bestuurders van dié kompetisie het Lianie self genader.
Adam verras met nuwe klank
Die gewilde Afrikaanse musiekgroep, Adam, het onlangs met Maroela Media gesels oor hulle nuwe musiek saam met Daniel Baron tydens die Young and Wild (EP)-albumbekendstelling by Universal Music.
Enigiets is moontlik by Innibos
Innibos se amptelike program is die naweek by die fees se gratis konsert in Nelspruit bekendgestel, en vanaf 2 tot 5 Julie sal die Laeveld weer die tuiste wees vir van die land se beste kunstenaars.
Die Heuwels Fantasties se Wens jy was hier
Suid-Afrika se voorste alternatiewe popgroep, Die Heuwels Fantasties, is terug met nuwe klanke.
Hoe oud is Afrikaanse volksmusiek?
Kyk ’n mens na die meeste van die liedjies wat dit tot die top-25-lys gemaak het, kan jy maklik dink Afrikaanse musiek is nie ouer as 50 jaar nie. Dis nou tot jy by die die afdeling vir tradisionele musiek kom waar ’n paar stokou juweeltjies jou tot ander insigte kan bring.
Staan opsy, hier kom Sarel Fourie
Sarel Fourie het vir homself begin naam maak ná die fliek Fanie Fourie’s Lobola. Ons wou bietjie meer uitvind van die man agter die treffer Dinky.
Simeon Hamman spog met sy tweede musiekvideo
Die sanger, Simeon Hamman, het onlangs sy tweede Afrikaanse musiekvideo van sy nuwe album, Rooi rok vrygestel.