Ons bely in beginsel dat God oor ons lewe regeer en dat alle mag aan Hom behoort, maar in die praktyk leef ons in twee koninkryke.
Alles vir die sleutelwoord "Afrikaanse Protestantse Kerk"
Omvattende seksvoorligting – waar staan ons?
Terwyl sommige ouers en onderwysers geen probleem met die leermateriaal mag hê nie, bly die beginsel dat die staat ouerlike keuse – veral met betrekking tot sensitiewe, waardebelaaide kwessies soos seksualiteitsvoorligting – moet respekteer en in ag neem.
Geloftedag: moet ek of wil ek?
Is dit regtig nodig om Geloftedag te herdenk? Is dit regtig nodig om in die warm son na dieselfde geskiedenis te gaan luister wat ons verlede jaar en die jaar voor dit gehoor het?
Alle volke klap julle hande: Eenheid te midde van verskeidenheid
Wanneer hierdie eensgesindheid te midde van verskeidenheid, ook deursuur na die samelewing, ontstaan ’n organiese samebinding wat baie sterker is as ’n kunsmatige of gedwonge integrasie.
Niks oor ons, sonder ons nie
Moet egter nie álle fokus op die regering en sy prosesse plaas nie. Bou intussen aan ’n staatsbestande gemeenskap in die godsdienstige sektor van die samelewing. Maak seker dat die kerk op geen manier afhanklik van die staat se guns of vrygewigheid is nie.
Dit gaan oor meer as grond
Afrikaners word daarvan beskuldig dat hulle “moeilik” is. As dit dan van ons waar is, laat ons ten minste moeilik wees oor die dinge wat saakmaak. Wanneer ons uit die staanspoor vir die behoud van die geestelike grondgebied stry, sal ons stryd teen grondonteiening, plaasmoorde, geweld, korrupsie, werkloosheid en moedertaalonderrig ook meer geloofwaardig wees.
Kerke in die spervuur
Mag hierdie gebeure ons ook daaraan herinner dat geboue nie die Kerk van Christus is nie, dit is maar net die plek waar Christus se kerk bymekaarkom om Hom te aanbid. Dit is die plek waar gelowiges die geleentheid het om dinge vir mekaar te doen.
Die fyn lyn tussen godsdiensvryheid en menseregte
Tot voor hierdie uitspraak het die howe hulle egter deurgaans daarvan weerhou om by kerke se leerstellige verskille betrokke te raak. So het die konstitusionele hof byvoorbeeld beslis dat mense die reg en ook grondwetlike beskerming geniet om geloofsoortuigings te handhaaf wat selfs “bisar, onlogies en irrasioneel” is.
Wie of wat hang óns aan die kruis op?
Christene is met reg ontsteld oor Jani Leinonen se kunswerk. Ten spyte van ’n mens se weersin in die kunswerk, kan jy nie help om te wonder of ons nie maar dieselfde doen nie? Het Leinonen nie in ’n sekere sin baie goed daarin geslaag om baie van ons se geestelike ingesteldheid uit te beeld nie?
Die kerk: Hospice of rehabilitasiesentrum?
Daar is nuwe petrol op die vuur van die kerklike debat oor homoseksuele verhoudings gegooi, skryf ds. Schalk Strauss.
My seun, vrees die Here en die koning …
’n Kerkvader en ‘n Middeleeuse teoloog beklemtoon twee belangrike afleidings oor die rol van die owerheid.
Ideologie van gelyke armoede se verskerpte aanval op private eiendom
Met die Nasionale Vergadering se besluit van 27 Februarie is die bal vir grondonteiening sonder vergoeding aan die rol gesit. Die vraag is nou: Wat gaan die hersieningskomitee se aanbeveling teen die einde van Augustus wees?
Jy mag die Here jou God nie versoek nie
Wanneer egter vanuit ’n teologie van genade oor hierdie dinge geredeneer word, m.a.w. dat God nie met sy kinders na húlle dade handel nie, maar na Christus se dade, sal verootmoediging tydens die erediens baie meer prominent wees as enige verootmoediging op Mitchells Plain of selfs by die Voortrekkermonument.
O, Boereplaas, geboortegrond …
Watter troos is daar dan vir gelowiges met die aanhoor van kommunisties-sosialistiese dreigemente vanaf staatskant? Die Bybel gee die enigste antwoord, ook wanneer die voorreg om iets ons eie te noem, in gedrang kom.
Populisme teenoor realisme
Ons moet nie op ’n hoop as gaan sit en toelaat dat hierdie diskoers van die ANC veld wen nie. Raak betrokke by daardie organisasies wat die regte waardesisteme implementeer. Staan openlik, maar met groot verantwoordelikheid, op om in die naam van Christus ’n kryger te wees om sý koninkryk reeds hier op aarde uit te bou.
Ou spore maar nuwe weë
As jy vandag hier loop op die ou spore van ons voorouers, onthou dan voordat hulle hier by Majuba oorwin het, het hulle eers by Paardekraal teruggekeer na die Here toe. En toe hulle terugkeer na die ou spore wat hulle verlaat het, kon hulle nuwe weë baan, selfs teen die steil kranse uit.
Die Trump-era: Rede tot hoop of nie?
Trump se keuse vir vise-president, Mike Pence, was egter ’n deurslaggewende trekpleister vir Amerikaanse Christene, skryf Ebert Terblanche.