Dit was die laaste Treffer van die Jaar op Afrikaanse Treffers, en dis eintlik snaaks dat Rina en Gé nie lank tevore al saam gesing het nie. Hul duetalbum was bloot getitel Rina en Gé en die ander snit daarop wat ʼn treffer geword het, was ʼn “Liefde wat vir altyd bly”.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Afrikaanse treffers"
Afrikaanse treffers 1992: Meer as woorde – Francois en Elizabeth Fourie
Nadat hulle dit net-net nie met “Wil jy dans Carina” kon regkry nie, het Francois en Elizabeth die Treffer van die Jaar met die titelsnit van hul volgende album, Meer as woorde, gehad.
Afrikaanse treffers 1991: ʼn Dans met Pa – Johan Stemmet
Dit was ʼn groot jaar vir Johan Stemmet – nie net het hy die Treffer van die Jaar gehad nie, maar Noot vir noot was die eerste keer op televisie te sien met hom as aanbieder.
Afrikaanse treffers 1990: Ek glo – Anneli van Rooyen
Anneli van Rooyen het die derde kunstenaar geword wat meer as een Treffer van die Jaar gehad het. Dit was egter nie maklik nie, want daar was ʼn hele aantal liedjies wat ook met die louere sou kon wegstap.
Afrikaanse treffers 1989: Hoor jy my stem?- Rina Hugo
Rina het die rekord vir die meeste Treffers van die Jaar verbeter met haar derde algehele wenner; nog ʼn bestaande wysie met Afrikaanse woorde. Sy kon egter ook die titel met Verlore is ons nie verower het.
Afrikaanse treffers 1988: Ek lewe- Anneli van Rooyen
Gewoonlik is dit ʼn splinternuwe liedjie wat die Treffer van die Jaar word, maar Anneli het gewys dat dit nie noodwendig die geval hoef te wees nie.
Afrikaanse treffers 1987: Reik na die sterre- Bles Bridges
Hoewel Ruiter van die windjie seker as Bles se grootste treffer beskou is, was dit die titelsnit van sy volgende album, Reik na die sterre, wat sy enigste Treffer van die jaar geword het.
Afrikaanse treffers 1986: ʼn Tikkie vryheid – Rina Hugo
Weer eens het Rina die kol getref met ʼn bestaande liedjie waarvoor daar Afrikaanse woorde geskryf het. Hierdie keer was dit Take away the heartaches van die Duitse sangeres Nicole wat Afrikaanse woorde gekry het.
Afrikaanse treffers 1985: Vier woorde- Louise Senekal en Jaco Pieterse
Hier is een van die vergete treffers van die jaar, selfs al het Bles Bridges en Gerrie Pretorius dit later opgeneem. Louise en Jaco het net een album saam vrygestel, en die enigste ander noemenswaardige treffer was Ek kom weer terug, wat oorspronklik deur Barbara Veenemans (Leonore se suster) opgeneem is.
Afrikaanse treffers 1984: Troepie Doepie – Rina Hugo
Leon Schuster het Afrikaanse woorde vir Brian and Ozzie se Pipes of Dongal geskryf; ‘Troepie Doepie’ was die gevolg en dit het dadelik gewild geword.
Afrikaanse treffers 1983: Vyfster – Lloyd Ross
Teen die einde van 1982 was een van die heel beste Afrikaanse dramareekse tot nog toe op televisie te sien, naamlik die gevangenisdrama Vyfster.
Afrikaanse treffers 1982: Die rugbyonthaal – Leon Schuster
Leon Schuster was nog een van die eerste kunstenaars wat ʼn kontrak by Decibel losgeslaan het en sy radioprogram was ook baie gewild.
Afrikaanse treffers 1981: Sproetjies – Sias Reinecke
Toe Sias Reinecke se album Ek en my kitaar vrygestel is, was Sproetjies amper nie ingesluit nie.
Afrikaanse treffers 1980: Harlekyn – Sonja Herholdt
Dit was Sonja se tweede, en laaste, algehele wenner en die titelsnit van die laaste album waarop Anton Goosen die meerderheid liedjies geskryf het.
Afrikaanse treffers 1979: Kruidjie-roer-my-nie – Anton Goosen
As daar een jaar was wat as ʼn waterskeiding vir Afrikaanse musiek beskou kon word, was dit 1979, toe die Musiek-en-Liriek-beweging ontstaan het.
Afrikaanse treffers 1978: Ek kyk graag so diep in jou oë – Gé Korsten
Dit was onvermydelik dat Gé een of ander tyd ʼn wenliedjie sou hê, en met ‘Ek kyk graag so diep in jou oë’ het hy dit eindelik reggekry.
Afrikaanse treffers 1977: Mooi Griekeland – Sonja Herholdt
Sonja Herholdt se liedjie ‘Mooi Griekeland’ was die wenliedjie in 1977 op die musiekprogram, Afrikaanse Treffers.
Afrikaanse treffers 1976: Ramaja – Glenys Lynne
As daar één liedjie is wat werklik die grootste treffer van ʼn betrokke jaar was, dan was dit Glenys Lynne se treffer, ‘Ramaja’.
Afrikaanse Treffers word 40 jaar oud
Op 2 April 1975 is ʼn nuwe radioprogram wat Afrikaanse musiek sou bevorder, Afrikaanse treffers, vir die eerste keer op die SAUK se Afrikaanse radiodiens met Edwill van Aarde as aanbieder uitgesaai.
Afrikaanse Treffers van 1975 – 1993
Daantjie Dinamiet het in die argiewe gaan krap om die treffers van die jaar op die radioprogram Afrikaanse treffers tussen 1975 en 1993 op te spoor.