Die driewoordbegrippe moet vinnig van die tong af rol, moet duidelik stel waarteen gemobiliseer word sonder om te veel eie verantwoordelikheid op te neem, want dit moet altyd iemand anders se skuld wees.
Alles vir die sleutelwoord "Afrikanerbond"
Wees verantwoordelik met grondbestuur
Meeste Suid-Afrikaners glo dat grondhervorming nodig is, maar glo dat die proses eerlik, opreg en openlik moet geskied. Die Grondwet moet voorop gestel word, waarby ingesluit die beginsel van eiendomsreg en die vryemark, soos lankal reeds ooreengekom.
‘Ons bly betrokke in dialoog en die soeke na oplossings’
“Ons wil ook graag langs dié weg opnuut ons dank en waardering teenoor Ramaphosa uitspreek dat hy, te midde van ʼn polities onsekere tyd, wel gekies het om met die Afrikanerbond in gesprek te tree en sy visie met ons te deel.”
Nuuskommentaar: Ramaphosa en die Afrikanerbond-eeufees
Sekerlik die belangrikste aspek van die Afrikanerbond (AB) se eeufees wat op die oomblik gevier word, is vanaand se toespraak van pres. Cyril Ramaphosa voor die AB se hoofraad. Mag dié geleentheid nie verbrou word soos die toesprake van voorgangers waar die woorde hol geblyk te gewees het nie.
‘Uitfasering van Afrikaans is menseregtevergryp’
Die finale uitfasering van Afrikaans by die Universiteite van Pretoria (UP) en Stellenbosch (US) sal onthou word as ʼn donker dag vir Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika.
“Word ons almal maar net nog misdaadstatistieke?”
Die Afrikanerbond het Maandag in reaksie op die moorde op Senzo Meyiwa en Johan Janse van Rensburg gesê hulle is bekommerd dat die slagoffers met verloop van tyd, maar net nog misdaadstatistieke word.
AB: ‘Tyd verby dat Afrikaner apologeties oor verlede moet wees’
“Afrikaners behoort hulle sterk te verset teen enige poging om eiendomsreg en vryemark beginsels af te takel, want dit is die boustene van ‘n suksesvolle Suid Afrika.”