Tydens dié episode bespreek Podlitiek se aanbieders, Daniël Eloff, Daniel du Plessis en Paul Maritz, en Jacques Basson van Klipkouers entrepreneurskap, alternatiewe media en Afrikaner-identiteit.
Alles vir die sleutelwoord "Afrikaners"
Oor grond: As jy twyfel oor die toekoms, plant!
Die Solidariteit Helpende Hand het pas hulle 2018-kongres gehad met die tema Saai. Hierdie artikel is ʼn verwerking van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, se toespraak tydens die kongres.
Dordrecht 400: ’n Mylpaal om te vier
“Ja, maar ek is nie ’n lidmaat van jou kerk nie”, sê een Afrikaner vir my. Maar dit is nie my punt nie, want ek skryf hier om jou te nooi om saam met my hierdie ontsettende mylpaal en fondament in gelowige Afrikaners se verlede hierdie jaar te vier. Lank lewe Dordt!
Groter konsentrasie Afrikaners se behoud in die toekoms
Die spontane groter samewerking en konsentrasie van Afrikaners bevestig opnuut dat Afrikaners ’n onblusbare oorlewingsdrang het en dat hulle, ondanks enorme uitdagings en struikelblokke, reeds besig is om skouer aan die wiel te sit om aan ’n beter toekoms vir hulself en hul nageslag te werk.
Afrikaners is plesierig, al bly hulle ver…
Ons is steeds Afrikaners. Juis die feit dat ons hier is, maak dit duidelik. Die kontras en andersheid van die mense maak wie jy is, vir jouself helder. Jy sien jouself in jou essensie. Jy sien ook duidelik wat jy nooit sal kan laat gaan of verloor nie. Ons bly Afrikaners.
Afrikaners kan in 2018 saam hoop skep
Die geskiedenis van Afrikaners is deurspek met voorbeelde van mense wat onder moeilike omstandighede moed gehou en vasgebyt het en wat deur hoop en harde werk gedryf is om groot uitdagings te oorkom.
’n Nuwe Afrikaner werklikheid
In 1994 het ’n nuwe politieke orde in Suid-Afrika begin. Die nuwe politieke orde is deur die Afrikaners op hoofsaaklik drie wyses omhels naamlik, integrasie, emigrasie en die skep van ’n nuwe Afrikaner-werklikheid.
Tyd om te trek of tyd om te bou?
Ons is ’n beduidende deel van die Suid-Afrikaanse bevolking en ons sal ’n gerekende rolspeler bly. Ons skuld die kinders wat vandag in die kleuterskool se sandput speel, ’n Afrikaanse skool, ’n Afrikaanse universiteit en ’n Afrikaanse toekoms.
Demografieverslag: Afrikaanssprekendes meer as sewe miljoen teen 2031
“Afrikaners en Afrikaans is hier om te bly en as ʼn mens dit eers besef, dan begin dit belangrik word om te bou aan ʼn langtermyntoekoms.”
Help Afrikaanse jongmense om hul volle vermoë te verwesenlik
Goeie opleiding bly die beste belegging wat in die nuwe geslag se toekoms gemaak kan word.
Bestaansvraagstukke bepaal lewe of dood
“Diegene wat nie uit die geskiedenis leer nie, is gedoem om dit te herhaal”.
Meneer die president, gee asseblief ons Stem terug
President Ramaphosa se stelling in die parlement op 24 Mei 2108, dat “Die Stem” nie ’n simbool van Afrikaneridentiteit is nie, maar ’n simbool van diskriminasie, verdrukking en ellende roep om ’n antwoord, skryf dr. Danie Langner van die FAK.
Geskiedenis ’n verpligte vak tot matriek?
George Orwell skryf: “Die doeltreffendste manier om ’n volk te vernietig, is om sy eie verstaan van sy geskiedenis te ontken en te vernietig.”
Verduidelik apartheid aan nuwe geslag
Apartheid moenie verdedig word nie, maar dit moet verduidelik word. Ons skuld ’n perspektief op die verlede aan die nuwe geslag, omdat hulle nog lank aan die ontvangkant van ʼn rasgebaseerde regeringsbeleid gaan wees.
Ek’s ’n Afrikaner – en hier om te bly!
Ek glo my plek en rol is hier – aan die suidpunt van Afrika. Dit is hier waar die Here my geplaas het en niemand – nie die EFF, ANC of wie ook al – sal my as Afrikaner hier wegjaag of my toekoms bepaal nie
Kom ons bou aan oplossings in Suid-Afrika
Die SA politici wat ons woedend hieroor aanval, kan gaan doppies blaas. Ons wil hier bly, maar ons gaan nie stilbly as hulle ons land en ons toekoms wil onteien nie.
Konsentreer of emigreer
Yl verspreiding is ons probleem; groter konsentrasie die oplossing. Dit is nou tyd vir ʼn daadwerklike konsentrasiestrategie. Die keuse is tussen konsentreer en emigreer.
Die belangrikste woord in die Afrikaanse taal
Balans – slegs wanneer ons hierdie belangrike woordjie met betrekking tot ons geskiedenis kan toepas, sal ons werklik iets daaruit kan leer.
Die slegte reuk van ’n ideologie
Uiteindelik bly die goue reël: Gebruik jou gesonde verstand. Moenie die slaaf van enige ideologie – wat dit ook al is – word nie.
Hoe ryp is Suid-Afrika vir die nosie ware demokrasie en integriteit?
In Suid-Afrika is die tyd ryp vir ’n nuwe idee. Uiteindelik hang dit af van die publiek of daardie nuwe idee – egte demokrasie en integriteit – ingang kan vind of nie.