Kom ons wees almal bietjie nederig in ons benadering tot die openbare debat. Te veel mense – aan alle kante van die doringdraad – dink hulle wen die debat as hulle hul teenstanders slegsê.
Alles vir die sleutelwoord "Afrikaners"
Voortbestaan van Afrikaner-kultuurorganisasies bespreek
“Vanuit Namibië kan ek vir julle sê daar is hoop, ʼn roepingsbewustheid, visie en talle jong mense wat by die toekoms van Afrikaners betrokke is.”
Laat ons vry wees vir onsself
Die bekende Afrikaanse filosoof, skrywer en akademikus, prof Danie Goosen, lewer ’n paar jaar gelede in ’n toespraak ’n pleidooi vir Afrikaners om meer land-gerig te wees.
Afrikaners se toekoms lê in groter konsentrasie
Só ’n konsentrasiestrategie is wettig en het niemand se toestemming nodig nie. Dit gebeur tans natuurlik en sal meewerk om ’n toekoms te skep waarin Afrikaners ook blywend vry, veilig en voorspoedig in Afrika sal kan leef.
Katalonië: Wipplank van emosie en rede
Die afgelope tyd was die Spaanse provinsie Katalonië en sy regering sterk in die nuus met die plan om die streek eensydig te laat afskei. Wat is die samespel van emosie en rede hier, en hoe is dit van belang vir Suid-Afrika en die Afrikaners?
Demografie: Afrikaners kan getalleoorlog verloor
Slegs waar ʼn minderheid ʼn meerderheid in ʼn geografiese gebied vorm, kan hy besluit hoe munisipale belastinggeld bestee word, wat die taalbeleid in plaaslike skole is en wat die naam van die straat is waarin hy bly. Slegs dan sal Afrikaners werklik weer seggenskap hê oor dit wat hulle direk raak.
Van Kuruman tot Cootamundra – die lied van ʼn volk in ‘verstrooiing’
Daar loop ʼn draad met baie kulturele kapitaal wat Afrikaners dwarsoor die wêreld aan mekaar bind en dié draad moet ons erken en ontgin.
Moslems hou geen eksistensiële gevaar in vir Europa
Die beste manier om ’n minderheid aan die land te bind, is om diep asem te haal en te ontspan. Laat die minderheid toe om homself te wees.
Groot konflik by Rhodes se graf
Ek het lanklaas soveel innerlike konflik beleef soos toe ek onlangs Cecil John Rhodes se graf besoek het, skryf Ernst Roets.
Afrikaans en Afrikaner-instellings die sleutel tot die toekoms
Die vraag is nou, kan ons weer ons taal en ook ons instelling op só ’n wyse inspan om vir onsself ’n toekoms anderkant apartheid te bedink.
Lesersbrief: Waarom is Afrikaners polities irrelevant?
’n Mooi voorbeeld van so ’n toekomsvisie met ’n plan is die strategie van Elon Musk. Sy toekomsvisie is om alle energie deur middel van sonkrag op te wek, en hy het ’n kommersieel haalbare plan om hierdie visie oor tyd te bereik.
Herwin jou Afrikaner-identiteit
Om te wil behoort, is ʼn wesenlik menslike kenmerk. Mense wil deel voel van ʼn groep.
Om slegs te oorleef is nie genoeg nie
In Suid-Afrika ly ons vandag aan ’n kritieke verlies aan waarheid. Ons word elke dag gebombardeer met leuens en propaganda oor onsself, ons identiteit, ons kultuur en selfs ons bestaan. Daarom is dit vir die Afrikaner, maar ook vir elke individue in ons land, so nodig om op een of ander vlak hulself besig te hou met ’n soeke na waarheid. Selfondersoek is nodig.
Paradigmaskuif: kritiek vir Afrikaners se voortbestaan
Ons bly in Afrika. En Suid-Afrika is net nog ʼn Afrika-land. Hierdie paradigmaskuif is tans broodnodig, veral vir Afrikaners. Dit is nodig, want sonder hierdie skuif, kan voldoende beplanning nie gedoen word vir die toekoms nie.
Dinamiese Afrikanerskap
Dr. Danie Langner Met die draai van die eeu het Willem de Klerk ʼn dun, maar omstrede, boekie gepubliseer. Hy skryf in Afrikaners, kroes kras…
Afrikaners sál die 21ste eeu oorleef
Die Afrikaner sal die 21ste eeu oorleef ten spyte van die tientalle uitdagings wat dié groep in die gesig staar.
Nuuskommentaar: Maak oop jul monde, Afrikaners (of durf julle nie?)
Uit verskeie bronne lyk dit of daar ʼn breë verwagting is dat wit mense, en Afrikaners, hul menings vir hulself moet hou. Dit is veral in kwessies van die nasionale debat waar, so lyk dit al meer, enige mening geduld word solank dit uit swart geledere kom.
Ek weet nie of ek ‘n tradisionele Afrikaner is nie
Nietemin bly ek ʼn Afrikaner in my hart, wat sal braai en Afrikaans sal praat, sal sokkie en my liefdadigheidbydraes sal maak, biltong in die garage hang, ouer mense as oom en tannie aanspreek, my ouers met respek behandel en vir my ‘girlfriend’ blomme koop.
Dubbele standaarde en swart bevoorregting: Die nuwe storie van Suid-Afrika
Ek glo dat die onderwerp van “witheid” ʼn misplaaste onderwerp is. Ek glo dat ʼn oplossing vir die sogenaamde probleem van “witheid” min sal doen om Suid-Afrika vorentoe te laat beweeg, aangesien witmense nie te blameer is vir Suid-Afrika se hedendaagse krisis nie.
Liewe moeder Afrika
Hoekom is dit so moeilik vir jou om my as jou kind te aanvaar? Waarom sien jy my as ʼn kind van ʼn ander ma, wat dankbaar moet wees vir die goedgesindheid en geduld van die Afrika-huis. Moeder Afrika, is jy ʼn rassistiese ma?