Sowat 45 000 nasieners begin Maandag by 181 nasiensentrums landwyd aan 1 058 699 kandidate se antwoordstelle merk.
Alles vir die sleutelwoord "afsonderingsregulasies"
Tuinroete: Geen visvang sonder permit toegelaat
Dít volg nadat vakansiegangers na bewering met visstokke na die strande gestroom het onder die voorwendsel dat hulle visvang.
Byna 500 oor Oujaar in Limpopo vas
Sommiges is in hegtenis geneem nadat hulle nie gesigmaskers in die openbaar gedra het nie, terwyl ander nie die aandklokreël gehoorsaam het nie.
Nuwejaarsdag: Geen traumagevalle by Chris Hani vir eerste keer ooit
Die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto het vir die eerste keer in dié hospitaal se geskiedenis op Nuwejaarsdag tot dusver nog nie ’n enkele pasiënt by sy trauma-eenheid behandel nie.
Airlink pas vlugskedule aan weens aandklokreël
Die private streekslugdiens verbind hom daartoe om passasiers voor die aandklokreël in werking tree veilig by hul bestemmings te kry.
Ministers sê oor jongste afsonderingsregulasies
Jou vrae oor die jongste afsonderingsregulasies beantwoord.
Vlak 3 en die ekonomie: ‘Dit is onverantwoordelik’
“Die grootste gevaar in die land vandag is die regering se reaksie op Covid-19.”
Alkoholverbod: Geen wynproeë toegelaat
Besonderhede rakende die land se derde drankverbod is Dinsdag in die Staatskoerant aangekondig. Die drankbedryf het intussen sy kommer oor die verwoestende uitwerking op die ekonomie van die bedryf uitgespreek.
Covid-19: SA terug op vlak 3
Die president het Maandagaand weereens ingrypende maatreëls aangekondig in ʼn poging om die Covid-19-pandemie te stuit. Dit sluit in die opskorting van drankverkope Maandag om middernag.
‘Ekonomiese inperkings sal ‘n ramp wees’
Solidariteit het in afwagting op die aankondiging van moontlike nuwe regulasies gesê ekonomiese inperkings sal ‘n ramp wees.
Ramaphosa spreek weer vanaand die land toe
Suid-Afrika het Sondag die eenmiljoenkerf van bevestigde Covid-19-gevalle verbygesteek.
Mkhize: ‘Beperkings dalk gou strenger’
Buiten die Oos-Kaap gaan al die provinsies voort om ’n toename in gevalle aan te meld.
Hof beslis strande bly gesluit
Talle partye, insluitend die burgerregte-organisasie AfriForum, het die hof genader en aangevoer die regulasies is irrasioneel en ongeldig.
Video: ‘Partytjie’ in Daspoort-tonnel veroordeel
In die video wat sedert die naweek op sosiale media versprei word, is dit duidelik hoe ’n groot groep jong mense in die Daspoort-tonnel op klipharde musiek dans, alkohol gebruik en partytjie hou.
Strande: Hofaansoek aangehoor, Dlamini-Zuma staan dit teen
Dlamini-Zuma voer onder meer in haar beantwoordende verklaring aan dat om op die strand te wees beteken nie noodwendig dat daar net geswem en gesonbrand word nie.
Opname: Duisende vakansiegangers kanselleer hul besprekings vir Tuinroete
Die Tuinroete is die afgelope week altesaam R3 927 219 in aanlyn besprekingswaarde kwyt.
Kommer oor invloed van aandklokreël op lugvaartbedryf
Daar is die afgelope week berig dat tientalle vlugte gekanselleer is weens die wysiging aan die aandklokreël.
Minister gee duidelikheid oor restaurante, venues se sluitingstye
Minister Nkosazana Dlamini-Zuma het duidelikheid gegee oor die regulasies wat geld in Covid-19-brandpunte en die res van die land.
Kouga ook hof toe oor strande
“Die feesseisoen is ’n laaste reddingsboei vir baie werkgewers en werknemers wat die afgelope nege maande reeds geweldige verliese gely het.”
Klagte volg ná Cele rolprentspan van strand verjaag
Om sake te vererger is die rolprentspan van 75 mense Donderdagoggend wéér deur polisiebeamptes van die strand weggejaag.