Die minister van gesondheid het intussen gesê die situasie reg oor die land word deurlopend gemonitor en dat dit sal bepaal of verdere beheermaatreëls of beperkings nodig is.
Alles vir die sleutelwoord "afsonderingsregulasies"
Tuinroete-strande: Regering vra nog tyd om te reageer
“Die feit dat die nasionale regering meer tyd gevra het om te antwoord op ons brief, waarin redes gevra word vir die besluit om die Tuinroete se strande te sluit, toon net dat daar geen redes was om mee te begin nie.”
DA wil ook hof toe oor Tuinroete-strande
John Steenhuisen, leier van die DA, het gesê die president het Woensdag tot 17:00 kans om te reageer, anders sal die party die hof nader vir dringende verligting.
Strenger reëls by SANParke in Tuinroete-distrik
SANParke het strenger maatreëls ingestel om die verspreiding van Covid-19 te beperk by drie van sy afdelings, insluitend Tsitsikamma, Knysna en Wildernis. Dié maatreëls tree van Woensdag in werking.
Strande gesluit: Visvang met ʼn permit steeds toegelaat
Verskeie strande word vanaf Woensdag gesluit maar visvang, met ʼn permit, word steeds toegelaat.
Covid-19: Oujaarsaand van die baan; sekere strande gesluit
Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand die land toegespreek in die reaksie op die Covid-19-pandemie.
Fedhasa veroordeel onverantwoordelike gedrag in Kaapstad
Dit kom ná ʼn video wat op sosiale media gedeel is wat glo die afgelope naweek by ʼn restaurant in Kaapstad geneem is waar Covid-19-regulasies verontagsaam word.
Tabakverbod was onnodig, ongrondwetlik, gelas hof
Die aansoekers se argumente is aangehoor kort voordat die verbod in Augustus opgehef is en uitspraak was tot nou voorbehou.
Getal besoekers by Kaapstad-piekniekplekke beperk
Stad Kaapstad sal van Saterdag die getal besoekers by piekniekplekke en braaigebiede in sy natuurreservate vir die feesgety begin beperk.
DA bly oor vlak 1, kap regering oor entstof
“Dit wil voorkom asof lesse oor die ondoeltreffendheid en vernietigende effek van inperkings uiteindelik geleer is, al is dit nege maande te laat.”
Covid-19-statistieke: Meer as 21 000 sterftes
Nog 115 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 21 083 te staan bring.
Ramaphosa: Tweede golf moet voorkom word
Nuwe regulasies oor alkoholverkope en internasionale reise en ʼn vyf dag lange rouperiode is aangekondig.
Sprake van strenger inperking ‘onaanvaarbaar’
“Ongelukkig word baie van die regering se denke gelei deur onvanpaste internasionale beleid, veral in Europa, waar verskeie lande of streke ‘n tweede streng inperking instel om die verspreiding van Covid-19 te beperk.”
Al meer waarskuwings oor tweede streng inperking
Daar is al meer berigte dat die land se Covid-19-gevalle weer begin toeneem en dat ʼn strenger inperking oorweeg kan word.
Wetsontwerp gepubliseer om vergrype met grendelstaat te stop
Die wetsontwerp, indien dit aanvaar word, sal onder andere ‘n einde maak aan die praktyk dat ministers na willekeur regulasies kan uitvaardig, waarvan die logika en noodsaaklikheid baie mense ontglip.
‘Rooi lys’ ʼn groot terugslag vir ekonomiese herstel
Die Wes-Kaapse regering vra nou dat die lys in geheel geskrap word.
Minder lande nou op hoërisikolys
Diegene uit die Noordelike Halfrond wat gewoonlik die somerseisoen in Suid-Afrika deurbring, word nou onder sekere omstandighede weer toegelaat om dit te doen.
Geen voorraad vir drankwinkels wat regulasies verontagsaam
“Indien ’n handelaar nie die regulasies nakom nie en hul lisensie verloor, is ooreengekom dat ons sal ophou om aan hulle te lewer.”
‘Beëindig grendeltyd’, verklaar mediese kundiges wêreldwyd
“Die huidige grendelbeleide het ʼn verwoestende uitwerking op korttermyn- en langtermyn- openbare gesondheid.”
Wes-Kaap maak voorstelle vir internasionale toeriste
Die Wes-Kaapse regering het Woensdag ʼn alternatiewe benadering aan die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, gestuur om internasionale reise veilig te hervat sonder enige verwarring en onsekerheid.