Lekker rugby, sekerlik, want drieë is waaroor dit gaan. Maar Donderdag het die seël geplaas op die Craven- en Akademieweek se hoë tellings en die vraag moet gevra word of die verdediging op peil was.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Akademieweek"
Cravenweek: SWD pronk, Blou Bulle stotter
Dit lyk of die twee spanne wat verlede jaar in die Cravenweek se hoofwedstryd gespeel het, die Westelike Provinsie en die Goue Leeus, dit Woensdag in hulle groep se ‘tweede ronde’ sal uitspook om Saterdag weer een van die uitsoekspanne te kan wees.
Kampioen WP in die visier by Cravenweek, Akademieweek
Soos die afgelope jare sal die Cravenweek en ook die Akademietoernooi vir o.18s wat vanaf Maandag deur die Goue Leeus by St Stithians aangebied word, oor meer gaan as bloot net die mededinging om as die voorste span gekroon te word.