David Maynier se aanstelling is maar een van verskeie veranderinge wat Alan Winde, Wes-Kaapse premier, Vrydag aan sy provinsiale kabinet aangekondig het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Albert Fritz"
Albert Fritz afgedank
Die premier sê hy is woedend oor wat lyk na bevestigbare voorvalle van ernstige seksuele wangedrag deur Fritz, onder omstandighede wat opsigself onvanpas was.
Albert Fritz geskors glo oor seksuele misbruik
“Ek het diepe respek vir die klaers wat na vore gekom het en hul dapperheid wat hulle aan die dag gelê het.”
W-Kaapse regering sal polisie-ondersoek teen Fritz steun
Die Wes-Kaapse regering het sy volle ondersteuning toegesê aan enige ondersoek deur die polisie na aantygings teen Albert Fritz, geskorste LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie.
Advokaat aangewys om Fritz te ondersoek
Die Wes-Kaapse premier het onderneem om die uitslag na afloop van die ondersoek bekend te maak.
Onafhanklike ondersoek oor bewerings na Albert Fritz
“Om die klaers se name te publiseer sal slegs bydra tot die stres en angs wat hulle reeds voel, en moontlik ander verhoed om in die toekoms met soortgelyke klagtes na vore te kom.”
Stilswye heers nog oor aantygings teen Albert Fritz
Anroux Marais, LUR vir kultuursake en sport in die Wes-Kaap, is intussen as waarnemende minister van gemeenskapsveiligheid in Albert Fritz se plek aangestel.
Albert Fritz oor ‘ernstige aantygings’ geskors
Volgens premier Alan Winde gee Fritz sy volle samewerking met die ondersoek wat van stapel gestuur is.
Gebruik van waterkanon by Sassa-kantoor ondersoek
Vrae word gevra oor waarom die polisie se eenheid vir openbare orde die betrokke dag ontplooi is en wie die opdrag gegee het om op sorgbehoewendes met ’n waterkanon los te trek.
LUR veroordeel rooftog by gesondheidsentrum
Volgens berigte is dit die tweede gewapende roof binne ʼn maand by dié sentrum.
Gemeenskap geruk ná wrede moord op tiener
Hy is verskeie kere met ’n mes gesteek en is toe glo deur die mans se honde verskeur.
92 sake van hofrol verwyder weens swak polisiewerk
“Hierdie sake is ernstig en dit is onaanvaarbaar dat dossiere nie in howe beskikbaar is nie.”
Ombudondersoek na polisie in Steenberg, Muizenberg duur voort
Daar word onder meer beweer dat ’n vrou in hegtenis geneem, aangerand en in die gesig gespoeg is toe sy hulp by die Steenberg-polisiestasie gaan soek het.
Dodelike hondegevegte op Kaapse Vlakte neem toe
“Om na [videobewyse van] hondegevegte te kyk is vir enige diereliefhebber bitter moeilik om te doen, maar jong kinders kyk daarna vir vermaak….”
‘Politieke inmenging’ gevrees in aanstel van Wes-Kaapse polisiehoof
Volgens hom het die Wes-Kaapse polisie ʼn geskiedenis dat dit weens politiekery verswak word.
Meeste Kaapse Vlakte-verdagtes binne ure weer op vrye voet
“Dit is egter kommerwekkend dat dié inhegtenisnemings nie tot enige aanklagte of skuldigbevindings gelei het nie.”
Optrede kom oor geweld op N2 in Kaap
Talle van die betogings spruit uit ʼn gebrek aan behuising, of is die gevolg van agterplaasbewoners se griewe.
Drukgroep eis polisiehoof, LUR se koppe oor geweld
Hulle alledaagse werklikheid benodig ʼn holistiese sosio-ekonomiese aanslag, pleks van hardhandige, drakoniese maatreëls wat aan die donker dae van apartheid herinner.