Die vakbond Hospersa het intussen gesê die besluit om taxi’s toe te laat om teen volle kapasiteit te werk, lui die doodsklok vir die stryd teen Covid-19.
Alles vir die sleutelwoord "algehele afsondering"
Kenner erken ‘geen bewys’ tussen ernstige Covid-19, rook
Die organisasie Tax Justice SA het weereens gevra dat die verbod op die verkoop van tabakprodukte dadelik opgehef word
Memorandum aan Ramaphosa, Motshekga oor sluiting van skole
“Navorsing wys dit is nie in belang van die kind, die groter ekonomie of selfs die geveg teen die verspreiding van die virus om skole te sluit nie.”
Saai dán in hof oor wynbedryf
“Deur hul mark te sluit verseker die regering wynplase se einde.”
Bedryf soek data wat hernude drankverbod staaf
Die MNR sê die drankverbod beteken ʼn bepaalde aantal hospitaalbeddens bly beskikbaar en dat dit ʼn finansiële besparing vir die openbare gesondheidsektor inhou.
Net derde van boere in Noordwes kry Covid-19-noodverligting
Meer as 6 000 boere wat aansoek gedoen het om hulp, is met leë hande weggestuur.
Afsonderingsregulasies: SA’ners weer gedreig met misdaadrekord, tronkstraf
Polisiëring en padblokkades sal opgeskerp word om te verseker dat drank en tabakprodukte nie vervoer word nie.
Dwarskersbos: Klagte teen inwoners teruggetrek
“Om mense soos misdadigers te behandel bloot omdat hulle op die strand gestap het, is irrasioneel.”
Saai hof toe oor verbod op drankverkope
“Die skade wat tot dusver aan die wynbedryf aangerig is, beloop reeds miljarde rande en kan tot ’n dekade duur om te herstel.”
Dlamini-Zuma wil wéér appelleer teen beslissing oor afsonderingsregulasies
Dlamini-Zuma voer in hofstukke aan sommige regulasies wat tersyde gestel is, het nog nie eens bestaan toe die hof die saak aangehoor het nie.
Alkoholbedryf kry ‘geen waarskuwing’ oor hernude verbod
Geen oorweging is gegee aan die logistieke nagmerrie wat die aankondiging vir verskaffers, verspreiders en handelaars veroorsaak nie.
Covid-19: 108 dae later en SA ‘steeds onvoorbereid’
Die DA vra hoe dit wettig kan wees om ʼn casino of kerkdiens saam met 49 ander mense by te woon, maar onwettig is om jou eie familie te besoek.
Gestrand in SA: Baba se pa ‘mis só geweldig baie’
“Ek kom nêrens reg nie en weet nie meer wat om te doen nie. ʼn Gesin hoort bymekaar.”
‘Pasop voor jy regulasies teengaan’, waarsku sakegroep
“Ondernemings en die publiek behoort versigtig te wees vir regsinterpretasies wat impliseer dat die grendelstaat uit ʼn regsoogpunt verby is.”
Bevelsraad kyk na impak van alkohol op gesondheidsorgstelsel
Volgens minister Mkhize het die gedeeltelike opheffing van die drankverbod ingevolge vlak 3-regulasies ʼn 40%‑ tot 50%-styging in die getal traumagevalle gehad.
‘Versekeraars moet uitbetaal vir Covid-19-verliese’ – reguleerder
Die finansiëlesektorreguleerder (FSCA) het versekeraars geroskam wat sakeondernemings se eise weens Covid-19 vertraag of afkeur.
Fita se appèlaansoek gou aangehoor
‘n Hofdatum is geskeduleer vir Fita se aansoek om verlof tot appèl ná sy saak oor die voortgesette verbod op die verkope van tabakprodukte van die hand gewys is.
Universiteite se akademiese jaar begin later in 2021
Dr. Blade Nzimande het die sluier gelig oor die departement van hoër onderwys se planne oor wanneer studente vanjaar en volgende jaar (insluitend 2021-eerstejaars) met hul studies kan begin.
Duidelikheid oor inhegtenisnemings weens afsonderingsregulasies gevra
Die organisasie sê die onduidelikheid kan lei tot konflik en onregmatige inhegtenisnemings wat vermy moet word.
Zulu moet trekpas kry ná hofuitspraak oor kleuterskole – DA
Die DA sê Zulu se optrede is ʼn voorbeeld van ministers wat hulself as verhewe bo die reg beskou.