Die Johannesburgse hooggeregshof het Maandag ’n bevel ter syde gestel wat die ondersoekende joernalistieke eenheid amaBhungane effektief verhoed het om te berig oor dokumente wat verband hou met die omstrede Johannesburgse sakeman Zunaid Moti en sy groep maatskappye.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "amaBhungane"
Regter looi bevel teen amaBhungane
AmaBhungane se regspan het Saterdag ʼn dringende aansoek in die Johannesburgse hooggeregshof ingedien om die bevel – wat moontlik die identiteit van vertroulike bronne kan onthul – te wysig.
AmaBhungane-joernaliste ‘gemuilband’ deur Moti Group
“Hierdie tipe ex parte beperking op publikasie en inval op mediavryheid is ongekend in die demokratiese era.”
Dele van omstrede Rica-wet ongrondwetlik – hof
Die Konstitusionele Hof het bevind verskeie bepalings in die wet is onvoldoende en dus ongrondwetlik en moet aangepas word.
Talle vrae ná peperduur kontrak vir tenderpreneur met ‘EFF-bande’
Die Tshwane-metroraad het vandeesweek erken hy het BBT en twee ander verskaffers aansienlik meer betaal as wat hy moes, maar ontken dat hy met die verskaffers saamgespan het. Die stad het ook gesê daar was tot dusver geen bewyse dat die toekenning van die tender aan BBT onregmatig was nie.