Amanda Strydom se fluweelstem is saam met die wêreldklas-engelstemme van die Tygerbergse Kinderkoor en die Suid-Afrikaanse Jeugkoor op die snit te hoor.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Amanda Strydom"
Video: Lag ʼn slag saam met die Sonskynsusters
Suid-Afrikaners kan ’n stukkie nostalgie beleef met ʼn vrolike video uit die vroeë dae van Suid-Afrikaanse televisie waarin Amanda Strydom, Laurika Rauch en Wilna Snyman as die “Sonskynsusters” te sien is. Pieter-Dirk Uys “begelei” hulle as Boetie – terug van sy naweekpas.
[Resensie] Amanda Strydom: Die verhoog is haar wêreld
Ek het geen kritiek oor die produksie nie, ek het hard gesoek, glo my. Ek het selfs die 12- en 13-jariges voor my gevra wat húlle van die vertoning gedink het. “Ja, tannie, ons het baie daarvan gehou, sy is baie cool.”
Amanda vir Fiesta benoem
Amanda Strydom is vir ʼn Fiësta benoem vir Die hele boksemdaais, die konsert wat sy in 2015 na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) geneem het.
Aardklop: Amanda Strydom op haar beste
Met bekende liedjies soos “Vrou by die spieël”, “My kamer” en “Slippers van satyn” sal lojale aanhangers nie teleurgestel wees nie, maar mense wat glad nie haar werk ken nie moet veral hierdie vertoning bywoon, want hierdie is Amanda Strydom op haar beste.
Luister: Amanda Strydom oor die KKNK en ‘Die hele boksemdaais’
Sy is al 36 jaar in die vermaakbedryf en het ook nog nie ʼn Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) misgeloop nie. Vanjaar is Amanda Strydom weer op dié fees by Die Boer-teater se opslaanrestaurant te sien met haar produksie Amanda Strydom: Die hele boksemdaais.
Video: 5 minute met Amanda Strydom
Ons het tydens Aardklop met Amanda Strydom gesels oor haar verhoogstuk State of the Heart wat vanjaar sy 20ste verjaarsdag vier
Allegaartjie 2 – Program 184
In vandag se Allegaartjie bespreek Giep van Zyl en sy span Afrikaans se raserige musiek en ons kuier by Amanda Strydom.