Amcu-president Joseph Mathunjwa het gesê sy vakbond sal die hele mynbedryf in Suid-Afrika tot stilstand bring wanneer hulle met dié sekondêre staking begin.
Alles vir die sleutelwoord "AMCU"
Geen einde in sig vir goudmyn en vakbond se stryd
Een van die min oorblywende Suid-Afrikaanse goudmyngroepe, Sibanye Stillwater, is in ʼn taai stryd met die AMCU gewikkel.
Sibanye vra nog ʼn hofbevel teen stakers
Die maatskappy voer aan Amcu verteenwoordig nie meer die meerderheid van die werkers by sy goudmynbedrywighede nie.
Sibanye bied kontantvoorskot vir werkers wat nié staak
Werkers kan tot 50% van hul basissalaris as voorskot kry om tydens die feesseisoen te gebruik.
Amcu beskuldig mynmaatskappy van onderduimsheid
“Amcu het betroubare inligting bekom dat Sibanye se senior bestuur ʼn proses begin het om lede vir teenstander-vakbonde te werf.”
Intimidasie, saakbeskadiging versuur goudstaking
Die situasie by die Beatrix- en Driefonteinmyn bly veral gespanne waar stakende werkers skade aan eiendom aangerig het.
Meer werkers daag op by Sibanye-myne
ʼn Mynwerker is dood en talle ander beseer in die skietery en messtekery by die Beatrix-myn by Welkom en by die Kloofmyn in Johannesburg toe geweld losgebars het.
Interdik bekom om geweld by myne te verhoed
“Die veiligheid van ons werknemers is ons eerste prioriteit.”
Twee sterf, vier beseer in geweld by myn
Alle nagskofte by Sibanye-Stillwater se goudmynbedrywighede is intussen opgeskort.
Amcu dreig met groot staking by Sibanye-Stillwater
Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Maandag gedreig dat hy sal voortgaan met ʼn groot staking by Sibanye-Stillwater oor loononderhandelings en basiese diensvoorwaardes.
Marikana-konstruksiewerkers vra Mathunjwa se hulp
Konstruksiewerkers by twee skagte van Lonmin se Marikana-myn naby Rustenburg in Noordwes, wil hê Amcu-president Joseph Mathunjwa moet ingryp in hul loononderhandelinge.
Onderhandelings val vas tussen Sibanye en Amcu
Loononderhandelings tussen die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) en Sibanye-Stillwater het Donderdag weereens ʼn dooiepunt bereik.
Loonooreenkoms met AngloGold Ashanti bereik
Motsamai Motlhamme, hoofonderhandelaar van die goudvervaardigers, het gesê hulle is in hul skik dat hulle uiteindelik ʼn ooreenkoms bereik het ná die uitgerekte onderhandelings.
KVBA gryp in by goudsektor-onderhandelinge
“Hulle geniet hul massiewe winste en hul base kry steeds hul buitensporige bonusse danksy die sweet van ons lede.”
Amcu dreig om Implats lam te lê oor afleggings
Die Amcu-president het gesê die vakbond sal so ver gaan as om aansoek te doen vir ʼn sekondêre staking by ander Impala-aanlegte om te verseker nie een fyn ons platinum word uit die grond na die oppervlak gebring nie.
AngloGold Ashanti wil 2 000 poste sny
Intussen het Amcu gesê dié 2 000 werkers wat na verwagting afgelê sal word, beslaan 25% van AngloGold Ashanti se werkersmag.
Amcu-moordsaak: ‘Huurmoordenaar’ laat vaar aansoek om borgtog
Een van die mans wat na bewering gehuur is om lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) te vermoor, het sy aansoek om borgtog Vrydag in die Brits-landdroshof laat vaar.
Amcu-moordkomplot: Saak uitgestel
Sewe mans, wat daarvan beskuldig word dat hulle beplan het om Amcu-leiers te vermoor, sal sewe dae moet wag voor hulle sal weet of hul aansoek om borgtog suksesvol was.
Beweerde sluipmoordenaars beken skuld vir Amcu-moordkomplot
Ao. Johannes Montsho het vir die hof gesê die twee het gebieg en in detail verduidelik hoe hulle betrokke was in ʼn komplot om Amcu-leiers in Marikana naby Rustenburg in Noordwes te vermoor.
‘Mathunjwa beskerm korrupte vakbondleiers,’ hoor hof
Joseph Mathunjwa, president van die Association for Mineworkers and Construction Union (Amcu), beskerm lede wat in korrupsie geïmpliseer word, het die Brits-landdroshof Donderdag gehoor.