Vakbonde blyk gemengde gevoelens te hê nadat Gwede Mantashe aangestel is as minister van minerale hulpbronne.
Alles vir die sleutelwoord "AMCU"
Landdros in Amcu-saak onttrek
Die landdros het gesê dit sal gepas wees as ʼn ander landdros eerder die saak hanteer.
Man in hof oor poging tot moord op Amcu-leier
ʼn 36-jarige taxibestuurder, wat tereg staan op aanklag van poging tot moord op ʼn leier van die vakbond Amcu, het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Brits, Noordwes verskyn.
NUM-lid se borgtogverhoor uitgestel
Die borgtogverhoor van ʼn lid van die National Union of Mineworkers (NUM), wat tereg staan op aanklag van poging tot moord, is Vrydag in die Brits-landdroshof in Noordwes uitgestel.
Noordwes-premier vra kalmte na nóg ʼn moord
Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het Dinsdag die inwoners in Rustenburg se mynbougebiede versoek om kalm te bly te midde van verhoogde spanning nadat nóg ʼn lid van die vakbond Amcu vermoor is.
Nóg ʼn Amcu-beampte doodgeskiet
“Hierdie moord sê vir ons daar is ʼn oorlog teen Amcu verklaar en indien dit dan ʼn oorlog is, weet dat ons sal baklei.”
Liggaam van vasgekeerde myner na oppervlak gebring
Die liggaam van een van die vyf myners, wat ondergronds vasgekeer is ná ʼn seismiese gebeurtenis Vrydag by Harmony Gold se Kusasalethu-myn naby Carletonville, is na die oppervlak gebring.
Amcu besorg oor vasgekeerde myners
Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het gesê hulle is besorg oor die vyf myners wat ondergronds vasgekeer is by Harmony Gold se Kusasalethu-myn in Carletonville.
Nie-stakers ‘gyselaar’ gehou deur Amcu-myners
Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Donderdag tydens betogings die uitgangspad van die myn by Palabora Mining Company (PMC) in Phalaborwa, Limpopo versper.
Populisme en fopnuus lankal deel van vakbondwêreld
ʼn Vakbondpopulis benodig ʼn militante platform wat nie vrae vra nie. Bloukraagwerkers wat nou glo dat hulle uitgebuit word deur “wit kapitaliste”, bied die ideale platform, skryf Gideon du Plessis.
Harmony se ondergrondse sitstaking verby
Die nagenoeg 1 700 mynwerkers, wat aan ʼn onwettige sitstaking ondergrond by Harmony Gold-myn se Kusasalethu-skag naby Carletonville deelgeneem het, het vroeg Vrydagoggend teruggekeer oppervlak toe.
Harmony-staking: 18 werkers na oppervlak gebring
Pogings om 1 700 mynwerkers, wat aan ʼn onwettige sitstaking ondergrond by Harmony Gold-myn se Kusasalethu-skag naby Carletonville deelneem, te oortuig om na die oppervlak terug te keer, was teen laat Donderdagaand nog onsuksesvol.
Werksverliese weens ideologie en ‘gras’ wat in die slag bly
Die kwartaallikse arbeidsmarkstatistieke, wat onlangs deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, toon dat die werkloosheidskoers in Suid-Afrika tot bo 27% gestyg het. Dit beteken dat nagenoeg 9 miljoen Suid-Afrikaners werkloos is.
Mynwerker sterf ná vakbondgeweld
ʼn Lid van die National Union of Mineworkers (NUM) is dood nadat hy Dinsdag by Sibanye Gold se Cooke-aanleg in Westonaria, wes van Johannesburg, aangeval is.
Lily-myn – menslike tragedie teenoor opportunistiese aasvoëls
Vandeesweek, soos elke week, wag ons in spanning om te hoor of die nodige finansiering gevind gaan word, maar ek het ʼn gevoel die uitkoms is naby, want ten spyte van die “aasvoëls” se negatiewe impak, verdien die werkers om beloon te word vir hul onwankelbare geloof waarmee hulle die krisis hanteer.
Ses Amcu-lede by Kroondal-myn geskors
Sibanye Gold het bevestig ses verteenwoordigers van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) is by Kroondal-myn naby Rustenburg, Noordwes, geskors hangende ʼn interne dissiplinêre ondersoek.
Northam Platinum versoek werkers om terug te kom
Northam Platinum se Zondereinde-myn in Limpopo het Dinsdag werknemers versoek om terug te keer, nadat gemoedere bedaar het ná geweld tussen die onderskeie vakbonde.
Northam-geweld: Mynbedrywighede opgeskort
Bedrywighede by Northam Platinum Limited se Zondereinde-myn in Northam, Limpopo, is Maandag opgeskort weens die geweld tussen die onderskeie vakbonde.
Amcu-staking by Sibanye-myn is onwettig
Sibanye Platinum het bevestig lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Vrydag by sy Kroondal-myn in Rustenburg begin staak.
[Foto’s] Geweld by Amcu-staking in Mpumalanga
Geweld het Dinsdag tydens ʼn staking van Amcu-werkers by Wonderfontein-steenkoolmyn in Mpumalanga, wat nou al drie weke lank duur, uitgebreek.