Volgens mediaberigte sal 4 776 afgevaardigdes aan die stemproses deelneem.
Alles vir die sleutelwoord "ANC-konferensie 2017"
Mbete steun nou vir Ramaphosa
“Ons het gepraat en ons stem saam oor hoe om die kwessies rondom eenheid in die organisasie aan te pak.”
Zuma se laaste presidentstoespraak: ‘Ek het my bes probeer’
“Ek het my bes probeer. Ek koester geen wrok [nie],” het Zuma afgesluit. Hy het ook vir oulaas ʼn liedjie en paar danspassies ingewerk om sy laaste politieke toespraak af te sluit.
Foto’s: ANC-konferensie begin
Die ANC se nasionale verkiesingskonferensie het uiteindelik Saterdagmiddag by Nasrec in Johannesburg aan die gang gekom, ure nadat dit veronderstel was om te begin.
ANC-konferensie: Talle afgevaardigdes nou net waarnemers
“Die spesiale NUK-vergadering was nodig om te verseker ons doen nie iets wat die nasionale konferensie besmet nie.”
Zuma wil boek oor sy lewe skryf
“Julle moet daardie boek lees. Ek moes die taak aanvaar wat deur my organisasie aan my gegee is. Dit was ʼn ervaring en ʼn half.”
ANC Vrystaat-konferensie óók nietig verklaar
Die hooggeregshof in Bloemfontein het beslis dat die ANC in die Vrystaat se provinsiale konferensie, wat die afgelope naweek in Parys plaasgevind het, en die besluite wat daar geneem is onwettig was en dus nietig verklaar is.
ANC leierskap in KZN moet ontbind
Die 27 lede van die provinsiale uitvoerende komitee wat die party se nasionale verkiesingskonferensie sal bywoon wat môre in Johannesburg begin, sal dit nou as tak-afgevaardigdes bywoon en nie as PUK-lede nie.
ANC sê dalk dán oor nuwe president
Met minder as 24 uur voordat die 54ste nasionale leierskapkonferensie van die ANC amptelik afskop, is die Nasrec-eksposentrum reeds ʼn miernes van bedrywighede soos afgevaardigdes en die media vir die geleentheid aanmeld.
ANC Bojanala-streekskonferensie nietig verklaar
Die uitspraak beteken die betrokke takke sal nie die naweek se ANC-verkiesingskonferensie in Johannesburg kan bywoon nie.
Mantashe: ‘Ek laat ʼn komplekse amp agter’
“Dit is ʼn baie moeilike amp, baie kompleks… Jy absorbeer die blaam vir alles en kry krediet vir niks.”
’n Christelike blik op die ANC-konferensie
Wat ons weet, is dat U groot, magtig, ja, almagtig is. Dat niks vir U onmoontlik is nie. Dat omstandighede U nie ontwrig en ontstel nie. Dat Suid-Afrika en sy toekoms ook in U hande is.
ANC-verkiesingskonferensie: Markte hou asem op
Ekonome meen ʼn Ramaphosa-oorwinning kan finansiële markte oor die korttermyn ʼn hupstoot gee, maar dat dit harde werk en moeilike besluite sal verg om die ekonomie weer op koers te kry.
Moenie nuwe ANC-leier se invloed op ekonomie en 2019-verkiesing onderskat nie
Die keuses wat binnekort by die ANC se nasionale leierskapkonferensie gemaak word, sal nie net die party se lot in die algemene verkiesing in 2019 bepaal nie, maar ook implikasies vir die ekonomie inhou.
ANC-konferensie: Twitter behoorlik aan’t gons
Die ANC se nasionale leierskapkonferensie skop eers amptelik Saterdag by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg af, maar Twitter is reeds behoorlik aan’t gons soos wat daar op dié sosialemediaplatform oor die konferensie gesels en gedebatteer word.