Die ANC-vroueliga het Woensdag gesê die liga is “erg geskok” oor die optrede van vroue wat vandeesweek hul boude ontbloot het tydens ʼn betoging by die ANC se streekkantoor in Pretoria.
Alles vir die sleutelwoord "ANC"
Pretoria-straatnaamdebakel ontbloot ANC se gebrek aan respek vir verskeidenheid
Dit is in almal in Pretoria se belang dat wedersydse erkenning en respek tussen alle gemeenskappe bevorder word en dat daar ruimte moet wees vir die erfenisse van al die onderskeie gemeenskappe.
ANC: ‘Betaal asseblief studiegeld’
Ouers wat kan bekostig om hul kinders se universiteitsgeld te betaal moet dit doen ten einde te verhoed dat die land se tersiêre instellings disfunksioneel raak of heeltemal tot stilstand kom, het die ANC gesê.
ANC katrol die Engelse pers in
Asof die ANC die rand en die land nie genoeg skade berokken het nie, het hy sy tande ook diep in die Engelse pers ingeslaan met die ietwat bedekte oorname van Independent Media se 18 koerante deur Iqbal Survé se Sekunjalo-konsortium, grotendeels met regeringsgeld.
Histeriese toon van rassedebat
Om ’n pad uit die neerwaartse spiraal aan te dui is nie so moeilik nie. Dit kom maar neer op die twee woorde wedersydse respek.
Seksklag: Fransman moet verduidelik
Die ANC vergader Dinsdag oor die klag van seksuele teistering wat teen die party se Wes-Kaapse leier, Marius Fransman, aanhangig gemaak is.
‘Zuma bevorder rasseverdeling en stook rassehaat met grond’
Pres. Jacob Zuma stook rassehaat met sy uitlating dat grond die oorsaak is van armoede, ongelykheid en werkloosheid en dat die grond in Suid-Afrika gesteel is.
Zuma vra SA om te verenig
Pres. Jacob Zuma het Saterdag ʼn beroep op die ANC se lede gedoen om te verenig en te veg teen die probleme waaronder Suid-Afrika gebuk gaan, soos korrupsie en rassisme.
Fransman verwerp klag teen hom
Marius Fransman, Wes-Kaapse leier van die ANC, het die aanklag van seksuele teistering wat teen hom aanhangig gemaak is, verwerp.
Zuma: ‘Verkiesing gaan moeilikste nog wees’
Die plaaslike verkiesing vanjaar gaan die moeilikste een nog wees vir die ANC, het pres. Jacob Zuma Vrydag gesê.
ANC-leier aangekla: Naam bekend gemaak
Die ANC het Vrydag bevestig dat ʼn klag teen een van sy senior leiers aanhangig gemaak is.
Senior ANC-leier glo aangekla
ʼn Klag wat verband hou met ʼn misdryf van ʼn seksuele aard is glo teen ʼn senior ANC-leier aanhangig gemaak.
ANC vier fees in Noordwes
Die ANC vier vandag sy 104de verjaardag en leiers van die party sal verskeie plekke in Noordwes besoek as deel van die viering.
Cosatu, SAKP waarsku ANC oor raadslede
Die SAKP en Cosatu het met die plaaslike verkiesing wat al nader kom die ANC gewaarsku om nie ongewenste plaaslike raadslede op kiesers af te dwing nie.
ANC-verjaardag: Derduisende in Rustenburg verwag
Meer as 120 000 mense word dié naweek by die ANC se 104de verjaardagviering, wat by Phokeng naby Rustenburg gehou word, verwag.
‘Maak rassisme ʼn misdaad’, vra ANC
Na aanleiding van inskrywings op sosiale media wat die afgelope ruk opslae gemaak het en waarin onder meer na swart mense as “ape” verwys is, het die ANC Dinsdag gesê dit het tyd geword om rassisme te kriminaliseer.
Burgerlike samelewing moet ʼn skans vorm
Dis óns – “ons” synde die burgerlike samelewing – se taak om ’n skans voor die grondwet, en dus voor ons vryheid, te vorm. Zuma en sy korrupte bende mág nie slaag nie.
Nuuskommentaar: Maak oop jul monde, Afrikaners (of durf julle nie?)
Uit verskeie bronne lyk dit of daar ʼn breë verwagting is dat wit mense, en Afrikaners, hul menings vir hulself moet hou. Dit is veral in kwessies van die nasionale debat waar, so lyk dit al meer, enige mening geduld word solank dit uit swart geledere kom.
COPE ontken dat lede oorloop na ANC
ʼn Gerug dat 200 lede van COPE in Noordwes oorgeloop het na die ANC, is Woensdag ten sterkste deur dié opposisieparty ontken.
SA kan dalk by Pole leer
In Pole gebeur tans iets merkwaardigs wat lesse vir Suid-Afrika inhou. Dit gaan om ’n populistiese regering wat die demokrasie ondermyn en deur ’n lewendige burgerlike samelewing beveg word.