Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Donderdagaand gesê die besluit berus by oorlede sakeman André Hanekom se familie om te besluit of ʼn verslag oor die omstandighede van sy afsterwe bekend gemaak sal word of nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "André Hanekom"
SA sakeman se weduwee desperaat vir tweede lykskouing
“ʼn Vinnige nadoodse ondersoek is gedoen sonder om my in te lig, my toestemming te kry of dat ek teenwoordig was. Hoe sal ons weet of die uitslag waar is en of die liggaam nie opsetlik besmet is nie?”
‘Geen hulp uit SA’ voor sakeman in Mosambiek sterf
“Suid-Afrika se regering het nooit ondersoek ingestel nie. Hulle het ʼn onskuldige man in die tronk gelos.”
SA sakeman sterf in Mosambiek
”Hulle het gesê hy het ʼn beroerte gehad. My ma kon sien iemand wou hom vergiftig.”
Gesin van SA sakeman in Mosambiekse tronk skep moed
“My pa was twee weke lank in die slegste tronk, maar die dag nadat die prokureur hom gaan spreek het, het hy uit die tronk verdwyn.”
Hoë kommissaris monitor aangehoude SA sakeman
Luidens berigte staar aanklagte van moord, misdade teen die staat en aanhitsing tot burgerlike ongehoorsaamheid Hanekom (61) en twee Tanzaniese burgers in die gesig.