Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. (Matt 11:28)
Alles vir die sleutelwoord "Andries Enslin"
Gedagte vir die dag: Die Here is by jou
Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. (Jos 1:9)
Gedagte vir die dag: Bid vir wysheid
As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. (Jak 1:5)
Gedagte vir die dag: ’n God wat vergewe
U is ’n God wat vergewe, genadig, barmhartig, lankmoedig, vol liefde. U het hulle nie verlaat nie. (Neh 9:17)
Gedagte vir die dag: ’n Lewe vol vreugde
’n Vrolike mens is ’n gesonde mens, ’n neerslagtige mens raak uitgeput. (Spr 17:22)
Gedagte vir die dag: Bewaar jou hart
Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. (Matt 12:34)
Gedagte vir die dag: Ons het genade ontvang
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. (Ef 2:8)
Gedagte vir die dag: Meer as oorwinnaars
Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin. (Joh 16:33)
Gedagte vir die dag: God bly genadig
Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. (Rom 8:38-39)
Gedagte vir die dag: God ken jou
Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. (Ps 139:2)
Gedagte vir die dag: Die vrug van die Gees
Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid. (Gal 5:22)
Gedagte vir die dag: Die krag van jou woorde
Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra. (Spr 18:21)
Gedagte vir die dag: Herlaai jou batterye
As ons hoop op dit wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding. (Rom 8:25)
Gedagte vir die dag: Broodnodige stiltetyd
Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. (1 Kron 16:11)
Gedagte vir die dag: Lewe die liefde
Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik. Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons. (1 Joh 4:12-13)
Gedagte vir die dag: Die wyse Prediker
Ek het my daarop toegelê om te verstaan wat wysheid en kennis is, en wat dit is om ’n gebrek aan wysheid en kennis te hê. Ek het vasgestel: ook dit is ’n gejaag na wind. (Pred 1:17)
Gedagte vir die dag: Die liefde
Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword. (1 Kor 13:1)
Gedagte vir die dag: Stres en ons harte
Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. (Joh 14:27)
Gedagte vir die dag: Gebruik God se krag
God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders voor my laat swig. (2 Sam 22:33, 40)
Gedagte vir die dag: Van voor jou geboorte af
Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy. (Jer 1:5)