Toe Merkel ’n paar maande gelede aangekondig het dat sy haarself vir ’n vierde termyn as bondskanselier beskikbaar gaan stel, het politieke kommentators wyd bespiegel dat sy moontlik besig is om haar hand te oorspeel.
Alles vir die sleutelwoord "Angela Merkel"
Nuuskommentaar: Duitse ystervrou kap aan ystergordyn – maar rig nie veel uit
Kanselier Angela Merkel van Duitsland en die Russiese president Wladimir Poetin het mekaar op Russiese grondgebied ontmoet, maar ondanks die belangrikheid daarvan en dat Merkel voor die media hard op Poetin se tone getrap het, oorheers ander wêreldgebeure die nuus. Die belangrikheid van die ontmoeting kan egter nie ongesiens verbysluip nie.
Duitsland: meer van dieselfde politiek
ʼn Donald Trump, Marine le Pen of Geert Wilders is nêrens in Duitsland op die horison nie.
Uitdagings hoop op vir pragmatiese Merkel
Soos sake nóú staan – let op die voorbehoud – sal Merkel Duitsland aanstaande jaar weer met haar interessante mengsel van beginselvastheid en pragmatisme lei, skryf Leopold Scholtz.
Moeder Merkel kry teenstand in Duitsland
Selfs al staan Merkel en wen haar CDU die 2017-verkiesing, is die toekoms van Duitsland onseker. Wat egter seker is, is dat die Moslem-immigrante en moontlike verdere terrorismeaanvalle Duitsland onherroeplik verander het.
Vlugtelinge in Duitsland – eenvoudige oplossing maar moeilik uitvoerbaar
Dit was verlede week– om presies te wees, op Woensdag, 31 Augustus – presies ʼn jaar gelede dat bondskanselier Angela Merkel ʼn sinsnede geuiter het wat haar moontlik vir die res van haar lewe gaan agtervolg. Wir schaffen es (vry vertaal: “Ons sál slaag”), het sy op ʼn perskonferensie in Berlyn gesê.
Nuuskommentaar: Werk, werk, werk…
Vandag hou pres. Jacob Zuma “al weer” ‘n staatsrede. Hy is taamlik diep in die skuld met hierdie staatsrede omdat hy vroeër vanjaar verskeie kwessies aan die “nuwe regering” na die verkiesing, en gevolglike nuwe staatsrede, laat oorstaan het.
Oekraïne se twis verdiep
Selfs herhaalde oproepe van kanselier Angela Merkel van Duitsland na pres. Wladimir Poetin van Rusland kon nog geensins tot die oplossing van die twis oor die Oekraïne oplewer nie. Merkel bied haarself as onderhandelaar aan.
Oekraïne: Obama en Merkel werk aan “ontsnaproete” vir Poetin
Pres. Barack Obama van die VSA en kanselier Angela Merkel van Duitsland het ‘n uurlange telefoniese gesprek gevoer om aan ‘n uitweg (off ramp) vir pres. Wladimir Poetin van Rusland te werk.
Angela Merkel in ski-ongeluk beseer
Angela Merkel, die Duitse kansellier, is beseer toe sy in Switserland geski en geval het.