Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met ’n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! (Kolossense 3:23-24)
Alles vir die sleutelwoord "Angus Buchan"
Gedagte vir die dag: ’n Gebed vir visie
Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sien wat opgeskryf is in u gebooie. (Psalm 119:18)
Gedagte vir die dag: ’n Gebed van bepeinsing
U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. (Jesaja 26:3)
Gedagte vir die dag: ’n Gebed vir God se Teenwoordigheid
Die Here is naby almal wat Hom aanroep, vir almal wat Hom in opregtheid aanroep. (Psalm 145:18)
Gedagte vir die dag: ’n Gebed vir transformasie
Die Here sê vir Ananias: “Gaan nóú Reguitstraat toe, na Judas se huis. Vra daar na Saulus van Tarsus. Ek het hom in ’n gesig laat sien dat ’n man met die naam Ananias inkom en sy hande op hom sit sodat hy weer kan sien. Ek het Saulus as my instrument uitgekies om my boodskap uit te dra na volke en konings, en ook aan die volk Israel.” (Handelinge 9:11-12, 15)
Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor prestasies
Sê hulle wat ryk is, moet hulle geld gebruik om goed te doen. Hulle moet ryk wees in goeie dade en moet ruim gee aan dié in nood; hulle moet altyd gereed wees om wat God aan hulle gegee het, met ander te deel. Deur dit te doen, sal hulle vir hulle ’n skat opbou – ’n goeie fondament vir die toekoms sodat hulle die egte lewe kan ontvang. (1 Timoteus 6:18-19)
Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor vermoëns
Baie word verwag van hulle aan wie baie gegee is, en nog veel meer word vereis van hulle aan wie soveel meer gegee is. (Lukas 12:48)
Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor God se roeping
Mag die God van vrede julle volkome aan Hom toewy. Ja, mag God julle so bewaar dat julle na gees, siel en liggaam volkome vlekkeloos sal wees wanneer ons Here Jesus Christus terugkom. Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen! (1 Tessalonisense 5:23-24)
Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor doelwitte
Al die deelnemers pas absolute selfdissipline toe. Húlle doen dit om ’n prys te wen wat heel gou sal vergaan. Maar óns doen dit vir ’n ewige prys. (1 Korintiërs 9:25)
Gedagte vir die dag: ’n Gebed van belydenis
Wie sy oortredings verswyg, sal nie voorspoedig wees nie. Wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. (Spreuke 28:13)
Gedagte vir die dag: ’n Gebed vir hoop
Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (1 Petrus 1:3)
Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor uitdagings
Wees sterk en vol moed, en doen die werk. Moenie bang wees of moedeloos word oor die groot werk nie. Want die Here God, my God, is met jou. Hy sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie. (1 Kronieke 28:20)
Gedagte vir die dag: ’n Gebed van afwagting
U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. (Psalm 73:24)
Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor inisiatief
Die Here sê: “Ontroue kinders, kom terug na My toe. Ek sal julle van julle ontrouheid genees.” (Jeremia 3:22)
Gedagte vir die dag: ’n Gebed vir groei
Ons vra God dat Hy geestelike wysheid en insig aan julle sal gee sodat julle heeltemal seker sal wees van wat Hy wil hê. Ons bid ook dat julle leefstyl tot eer van die Here sal wees om Hom te behaag deurdat julle lewe vol goeie werke sal wees en dat julle God al hoe beter sal leer ken. (Kolossense 1:9-10)
Gedagte vir die dag: Die Here het afgesien van die ramp
Die HERE het toe afgesien van die ramp wat Hy oor sy volk wou bring. (Eksodus 32:14)
Gedagte vir die dag: Tyd om na die Here se wil te vra
Doen wat goed is en vlug vir die kwaad, dan sal julle lewe! (Amos 5:14)
Gedagte vir die dag: Ooreenstemming
Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen? (Amos 3:3)
Gedagte vir die dag: Here, leer ons
Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Ek sal vir jou raad gee, my oog sal op jou wees. (Pssalm 32:8)
Gedagte vir die dag: Roem in sy genade
Die Here het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. (2 Korintiërs 12:9)