Die 24-jarige man wat homself Vrydag aan die polisie oorgegee het in verband met die moord op die 17-jarige Anika Smit, het Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.
Alles vir die sleutelwoord "Anika Smit"
Anika Smit-saak: Hof beslis eers oor geregtelike ondersoek
Die 24-jarige man wat homself Saterdag aan die polisie oorgegee het in verband met die moord op die 17-jarige Anika Smit, verskyn binnekort in die Pretoria-Noord-landdroshof.
Man in hof vir Anika Smit-moord
ʼn 24-jarige man verskyn na verwagting Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof in verband met die moord op Anika Smit, die 17-jarige skoolmeisie wat in 2010 in raaiselagtige omstandighede in haar pa se huis in Pretoria vermoor is.
Man vas vir moord op Anika Smit
Anika Smit is op 10 Maart 2010 in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor. Die moordenaar het albei haar hande afgesny en dit van die toneel verwyder. Sy het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Haar hande is nooit gevind nie.
[Video] Getuie in Anika Smit-saak sê oor satanisme
Die man wat daarvan verdink word dat hy die vermoorde Anika Smit geteister het toe hulle saam op skool was, het erken hy het in satanisme belanggestel en het een keer bloed gedrink.
[Video] Wie het Anika Smit vermoor?
Meer as vyf jaar na die dood van Anika Smit, ‘n 17-jarige skoolmeisie wie se hande afgekap is, het ‘n geregtelike ondersoek na haar moord begin.
Piet Byleveld praat reguit oor verskeie hoëprofielsake
Die baasspeurder Piet Byleveld het Donderdagaand tydens ʼn vraag- en antwoordsessie by die Atterbury-teater sy mening gegee oor verskeie hoëprofielsake, waaronder die Oscar Pistorius-verhoor en die raaiselagtige moord op Anika Smit.
Video: Anika Smit se raaiselagtige dood ondersoek
ʼn Geregtelike doodsondersoek is van stapel gestuur meer as vier jaar na die dood van Anika Smit, die 17-jarige meisie van Pretoria wie se hande afgekap is.
Hof bekyk weer PTA-tiener se wrede moord
Die Pretoria-Noord-landdroshof het gelas dat ʼn geregtelike ondersoek gedoen moet word ná die gru-moord op Anika Smit, die 17-jarige skoolmeisie van Pretoria wie se hande afgesny is nadat sy in 2010 verkrag en vermoor is, het Beeld Dinsdag berig.
17-jarige wie se hande verwyder is ná haar moord, sou vandag verjaar
Die 17-jarige Anika Smit, wat twee jaar gelede wreed in Pretoria vermoor is, sou vandag 19 jaar oud geword het. Hoewel haar verjaardag vandag herdenk word, is haar moordenaar egter nog op vrye voet.