Die voormalige uitvoerende hoof van verkope by die openbare uitsaaier se argiewe, Sias Scott, het Dinsdag voor die kommissie wat staatskaping ondersoek getuig.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "ANN7"
Podlitiek: MiWay se twiet, is jou Reserwebank privaat en AfroWorld View agtergelaat
In hierdie week se vurige episode vol debat en redenering ontnonsens Podlitiek se paneel oudergewoonte die week se nuus en politiese gebeure. Hulle kyk na MiWay se uitvoerende hoof se sosialemedia-opmerkings, die EFF se plan om die Reserwebank te nasionaliseer, en AfroWorld View se onlangse sluiting.
Doodsklok lui glo vir ‘Afro Voice’
Die personeel is aangeraai om by die huis te bly tot en met verdere kennisgewing.
Nuwe baadjie vir voormalige Gupta-mediaplatforms
Die ANN7-nuuskanaal en The New Age-koerant sal voortaan onder nuwe name bedryf word wat ook veranderinge aan dié platforms se redaksionele beleid sal insluit.
Vier van ANN7 in hegtenis geneem
Immigrasiebeamptes van die departement van binnelandse sake het Dinsdagmiddag glo nóg vier mense by ANN7 se televisie-ateljees in Johannesburg in hegtenis geneem.
ANN7 moet opdok oor laster
“Dié uitspraak behoort ʼn les vir alle mediahuise te wees om nooit joernalistieke waardes en beginsels prys te gee omdat hulle noue politieke agendas najaag nie.”
Tot die koeie huis toe kom …
Dalk is die Vrede-plaas net die oortjies van die (see)koei.
DStv gaan ANN7 se kontrak kanselleer
Multichoice het Woensdag aangekondig dat hy sy interne ondersoek oor sy sake met ANN7-televisiekanaal afgehandel het en het besluit om nie die kontrak te hernu wanneer dit in Augustus verstryk nie.
Okosa sal Multichoice-bewerings ondersoek
“Daar is geen probleem daarmee as maatskappye steun werf vir beleidsposisies deur middel van debat nie, maar ʼn situasie waar ʼn beleid gekoop word, kan nie toegelaat word nie.”
Sakegroep bekommerd oor MultiChoice-bewerings
Die groep Business Leadership South Africa (BLSA) het Donderdag gesê hy is diep bekommerd oor berigte wat die satelliettelevisiemaatskappy Multichoice, een van sy lede, by…
Nuuskommentaar: MultiChoice en ANN7
Dra die huisvesting van ANN7 op MultiChoice by tot persvryheid soos aangevoer word, of is ANN7 niks anders nie as ’n propaganda-arm van pres. Jacob Zuma en die Guptas wat eerder tot die verspreiding van fopnuus as die bevordering van persvryheid bydra?
MultiChoice doen ondersoek na ANN7-kontrak
MultiChoice se reaksie kom nadat vrae geopper is oor die R141 miljoen wat hy per jaar aan ANN7 betaal vir sy 24-uur nuuskanaal.
Mthembu daag ANN7 voor Uitsaaiklagtekommissie
Die hoofsweep van die ANC, Jackson Mthembu, het Woensdag ʼn klag by die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (BCCSA) ingedien teen die African News Network 7 (ANN7) oor “lasterlike uitlatings op hul televisie- en YouTube-kanale”.
Nuwe ANN7-baas wil arbeidsprobleme aanpak
Mzwanyele Jimmy Manyi, die nuwe eienaar van ANN7 en The New Age-koerant, het Woensdag beloof om die vyandige arbeidsverhoudinge tussen personeel en bestuur by dié twee media-instansies aan te pak.
Guptas verkoop mediahuise vir miljoene
Die Gupta-familie se Oakbay Investments het Maandag aangekondig hy gaan sy aandele in die African News Network-nuuskanaal (ANN7) en The New Age-koerant (TNA) vir miljoene rande verkoop.
Grondhervorming: Dit is tyd vir ’n eenhoring-Kodesa
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, reken dat ’n Kodesa oor eenhorings (unicorns) waarskynlik beter vir Suid-Afrika sou wees.
ANN7-werknemers glo afgedank oor uitjouery
Minstens agt werknemers van die Africa News Network 7 (ANN7) is glo afgedank nadat hulle vroeër vanjaar die ANC-jeugliga se leier uitgejou het.
EFF stap uit regstreekse TV-uitsending
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Donderdag tydens ʼn regstreekse televisie-uitsending van ʼn ontbytinligtingsessie van The New Age-koerant uitgestap, aangesien hulle voel hulle is “geflous” om dit by te woon.
Vier ANN7-opleiers moet land verlaat
Vier buitelanders wat werknemers van die Gupta-familie se ANN7-nuuskanaal opgelei het, is beveel om Suid-Afrika te verlaat, het Beeld Dinsdag berig.
Voormalige Gupta-nuuskanaalredakteur wil alles openbaar
Rajesh Sundaram, die voormalige redaksionele konsultant van die televisienuuskanaal Africa News Network (ANN7), het ʼn ooreenkoms met ʼn Suid-Afrikaanse uitgewer geteken om sy storie oor die drie maande wat by die televisiekanaal gewerk het, in boekformaat te vertel.