“Hierdie kaaskoek wat min moeite verg is binne ’n kits gereed, en die resep is baie eenvoudig.”
Alles vir die sleutelwoord "Annelien se kombuis"
Annelien se kombuis: Biltong-en-aspersiesop
Annelien Pienaar gee dié week twee weergawes van die resep: een is gereed binne 30 minute en die ander binne 10 minute.
Annelien se kombuis: Boerebeskuit
Die veertjie tekstuur is kenmerkend van hierdie beskuit en die bestanddele baie ekonomies.
Annelien se kombuis: Boermeel-volkoringbrood
Met hierdie resep kan jy ʼn groot brood, bolletjies of rolletjies bak!
Annelien se kombuis: Heuning-en-mosterd-kassler-eenpotgereg
“Soetsuur is my groot gunsteling as dit kom by die bereiding van varkvleis en hierdie gereg is regtig vingerlek-lekker!”
Annelien se kombuis: Suikervrye gluten-energiestafies
Annelien Pienaar, voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist, sê hierdie happies vorm deel van haar breinkos-kosblikhappies vir haar kinders as die dae lank raak met buitemuurse aktiwiteite.
Annelien se kombuis: Bevriesing en voorraadkos
Annelien Pienaar deel gesonde praktyke om toe te pas teen voedselbederf.
Annelien se kombuis: Maak jou eie hand- en omgewingsreiniger
“Die mengsel van asyn en sekere essensiële olie het ʼn storie van sy eie wat in 1413 afspeel,” skyf Annelien Pienaar.
Annelien se kombuis: Vetkoek
“Wat vir my altyd lekker is, as die kinders net een slapie sou kuier en dan kom die vraag elke dag vir vyf dae: ‘Tannie, mag ek nog een slapie slaap, sal tannie my ma bel?’”
Annelien se kombuis: Koljanderbiltong
“Dié resep is baie eenvoudig en ek dink die moeilikste deel is die ongeduld dat die vleis moet droog word.”
Annelien se kombuis: Grenadella-koek
“Hierdie koek bestaan uit ’n basiese botterkoekbasis om sodoende die grenadellapitte vas te hou in die beslag sodat dit nie na onder sak tydens die bakproses nie. ’n Sponskoek is nie geskik vir hierdie resep nie.”
Annelien se kombuis: ‘Milkybar’-sjokoladesplinterkoekies
“Hierdie koekies is krakerig en bros met die heerlike smake van Milkybar-sjokolade wat trou met die vanielje-en-jogurtversiersel.”
Annelien se kombuis: Eenpot-beesvleisrisotto
“Wanneer tyd letterlik jou baas word en tyd in die kombuis word tot die minimum beperk, het ek ʼn oplossing vir jou.”
Annelien se kombuis: Rooiworsiesouttert
Die resep bied die opsie om sommer van jou oorskietvleis te gebruik.
Annelien se kombuis: Quinoa-en-geelperskeslaai
Pak jou kinders se kosblikke asook jou eie ete met hierdie heerlike voedsame slaai en ’n stukkie kouevleis.
Annelien se kombuis: Gesonde kosblikke en breinkos
“Bloedsuikervlakke wat nie konstant bly nie as gevolg van swak voeding, is die hoofoorsaak waarom kinders as stout of moeilik bestempel word.”
Annelien se kombuis: Veelsydige bakkersmengsel
Bêremengsels is een van die items hoog op my prioriteitslysie om sodoende vinnig skons, plaatkoekies, pasteideeg en vele meer te maak.
Ekonomies, gesond én lekker in Annelien se kombuis
Annelien Pienaar is ʼn voedselwetenskaplike, bedryf ʼn kosblog en haar eie resepteboek genaamd Boerekos met ʼn Twist het ʼn paar jaar gelede verskyn. Sy gaan van nou af weekliks resepte en wenke op Maroela Media se Koolstoof-afdeling publiseer.