Vyf Suid-Afrikaanse matrikulante staan die kans om ’n besoek van ’n leeftyd na Antarktika los te slaan.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Antarktika"
SA ingenieur gesels oor ‘Endurance’-ontdekking
“Ek kon eers nie die goeie nuus glo nie – ons het naby aan die einde van die gebied gekom waarin ons sou soek; ons sou binne enkele dae moes terugdraai en deur die ys breek voordat ons soos die ‘Endurance’ in 1915 sou vassit.”
Vermiste skeepswrak opgespoor
Kenners meen dit is die mooiste houtskeepswrak wat hulle nog gesien het.
Matrieks verruil yskoue vir warm eiland
“Dis nou nie vir ’n wittebrood nie, maar ons het die reisplan propvol aktiwiteite gestop. Dit was boonop een van die leerders se eerste keer op ’n vliegtuig.”
Satellietfoto’s onthul nuwe pikkewynkolonies in Antarktika
Satellietfoto’s het onthul dat daar baie meer keiserpikkewynkolonies in Antarktika is as wat vroeër gedink is.
Mike Horn: ‘Elkeen het sy eie Suidpool om oor te steek’
“Die oomblik wat jy aanvaar hierdie gaan moeilik wees, is ook die oomblik waarin alles makliker word.”
SA’ner kom tweede in Antarktika-marathon
“Dit is die eerste keer in my lewe dat ek warm water gedrink het tydens ’n marathon.”
Verwarming bo Antarktika kan ons somerreënval beïnvloed
Die grootste bolugverwarming wat ooit in die geskiedenis in die Suidelike Halfrond gemeet is, het gedurende die laaste week van Augustus 2019 in die stratosfeer sowat 50 kilometer bo Antarktika voorgekom. Die skielike stratosferiese verwarming oor Antarktika kan ook gevolge vir Suid-Afrika inhou.
Planne vertraag vir grootste mariene reservaat in Antarktika
ʼn Internasionale poging om die wêreld se grootste mariene reservaat in Antarktika, ongeveer 1.55 miljoen km² (vyf keer so groot as Duitsland), op te rig, het ʼn terugslag beleef.
Ysberg byna so groot soos Pta skeur binnekort los
Wetenskaplikes stem nie almal saam oor dié natuurverskynsel nie.
[Video] 118 jaar oue skildery in Antarktika gevind
ʼn Skildery, wat 118 jaar oud is, is in ʼn geskiedkundige hut in Antarktika gevind.
Firma wil Antarktiese ysberge ‘oes’
’n Firma het sy planne bekend gemaak om ysberge naby Antarktika te “oes” en met ’n sleepboot byna 9 000 km ver na die VEA te sleep.
Kerk onttrek uit Antarktika
Die National Science-stigting wat ook die Amerikaanse Antarktika-program finansier, het gevra dat die Nieu-Seelandse biskoplike gebied sy skakel na Antarktika sluit as gevolg van baie swak bywoning van gemeentelede.
Minder ys oor Wes-Antarktika beïnvloed swaartekrag
‘n Satelliet van die Europese Ruimte-agenskap het met fyn metinge daarin geslaag om te bepaal dat daar ’n klein afname in die aarde se aantrekkingskrag oor Wes-Antarktika was, wat met die afname in ysbedekking verband hou.
Russiese skip op eie stoom uit ys
Die Russiese navorsingskip, die Akademik Shokalskiy, wat die afgelope twee weke in die ys by Antarktika vasgesit het, is weer in ‘n noordelike rigting op koers na dit op eie stoom uit die ys kon losbreek.
Foto’s: Antarktika-redding
Al 52 passasiers van ‘n skip, wat naby Antarktika in die ys vasgekeer was, is Donderdag gered. Hier is ‘n paar foto’s van die reddingspoging.
Vasgekeer in Antarktika: Hulle is uiteindelik gered!
Al 52 passasiers van ‘n skip, wat naby Antarktika in die ys vasgekeer was, is Donderdag gered.
Vasgekeer in Antarktika: Reddingspoging duur voort
Passasiers wat al langer as ʼn week lank op ʼn skip in Antarktika in die ys vasgekeer is, sal na verwagting Donderdag met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë ysbreker geneem word.
Video: Al singend die nuwe jaar in, al sit hulle steeds vas in Antarktika
Sterk wind en reën het die helikopter-redding van passasiers op ʼn Russiese skip, wat naby Antarktika in die ys vasgekeer is, Woensdag verhoed. Die span het die nuwe jaar egter met ‘n lied begroet wat hulle self geskryf het.
Ysbreker kon nie by Antarktika-skip uitkom nie
Die Snow Dragon, ʼn ysbreker van China, kan nie deur ʼn digte blok ys in Antarktika breek om 74 mense, wat reeds sedert Kersfees op ʼn skip vasgekeer is, te help nie.